Sakpaswegbreke vir paartjies naby Gauteng

Mount Savannah Game Reserve (Foto: LekkeSlaap)

Hierdie jaar is beslis een vir die geskiedenisboeke en iets wat baie mense reg oor die wêreld geleer het, is dat gehaltetyd saam met jou naastes ongelooflik kosbaar is! Soos die jaar einde se kant toe staan, dink ons dis tyd dat jy en jou geliefde vir ’n wyle van die stad ontsnap en ’n romantiese wegbreek naby Gauteng geniet!

Mount Savannah Game Reserve, Krugersdorp

Mount Savannah se luukse chalets is die ideale wegbreekplek vir diegene wat van wildkyk en die natuurskoon hou. Die lodge skuil in die Wieg van die Mensdom en daar is ’n boma en ’n plonspoel waar julle die buitelug ten volle kan geniet. ’n Wildrit is by die tarief ingesluit en julle kan elke oggend voor ’n opwindende dag ontbyt in die eetarea geniet.

Mount Savannah Game Reserve (Foto: LekkeSlaap)

Klik hier vir die tariewe.
Afstand vanaf Johannesburg: Sowat 60 kilometer

Ramkiki Country English, Roodepoort

Hierdie plattelandse landgoed skuil langs ’n rivier en skep ’n rustige atmosfeer waar julle sommer gou sal vergeet dat julle naby die stad is. Verblyf word in gerieflike kamers vir twee aangebied en heerlike maaltye kan by die Farmhouse Restaurant op die perseel geniet word ─ ontbyt is ingesluit. Daar is ook ’n lieflike swembad om in af te koel en koeltebome waaronder gaste kan ontspan.

Ramkiki Country English (Foto: LekkeSlaap)

Klik hier vir die tariewe.
Afstand vanaf Johannesburg: Sowat 40 kilometer

Sable Ranch, Magaliesburg

Sable Ranch is ’n toevlugsoord vir paartjies aan die voet van die Magaliesberge. Dié plattelandse wegbreekplek bied ’n verskeidenheid doendinge en daar is twee slaapkamers apart van die hoofhuis. Die kamers het basiese selfsorggeriewe en julle het toegang tot ’n swembad en braaigeriewe op die perseel. Daar is verskeie boksoorte op die plaas en gaste kan ook die voetslaanpaaie volg om die plaas te verken.

Sable Ranch (Foto: LekkeSlaap)

Klik hier vir die tariewe.
Afstand vanaf Johannesburg: Sowat 70 kilometer

Matlapa Lodge, Magaliesburg

As jy en jou geliefde op soek is na ’n ongekunstelde plaaswegbreek naby die stad, is Matlapa Lodge net die plek vir julle! Dié lodge het verskeie chalets tussen inheemse bome in ’n rustige omgewing in Magaliesburg. Die chalets het elkeen ’n buitestort vir ’n unieke ervaring in die natuur, privaat tuine en braaigeriewe. Daar is ook ’n swembad en ’n eetkamer waar ’n heerlike ontbyt elke oggend bedien word.

Matlapa Lodge (Foto: LekkeSlaap)

Klik hier vir die tariewe.
Afstand vanaf Johannesburg: Sowat 80 kilometer

The Ancient Copper Shed, Potchefstroom

The Ancient Copper Shed bied twee selfsorg-eenhede op ’n plaas tien kilometer vanaf Potchefstroom. Dié kothuise is gerieflik ingerig met alles wat julle nodig het vir ’n ontspanne wegbreek uit die stad en elkeen spog met ’n kaggel en ’n stoep waar julle kan ontspan. Die kothuise het ook buitestorte in die tuin vir diegene wat braaf genoeg voel. Troeteldiere is welkom indien dit vooraf gereël word.

Ancient Copper Shed (Foto: LekkeSlaap)

Klik hier vir die tariewe.
Afstand vanaf Johannesburg: Sowat 140 kilometer

Millstream Inn Guest House, Skeerpoort

Net duskant Hartbeespoort wag daar ’n lieflike gastehuis op ’n perdelandgoed op julle! Dié gastehuis bied kamers met en sonder selfsorggeriewe en elke kamer het sy eie braaigeriewe. Daar is talle damme op die perseel waar julle ’n romantiese gourmet-piekniek kan geniet en lieflike doendinge in die natuur. Daar is ook ’n restaurant wat heerlike maaltye by julle kan aflewer en wildritte by ’n nabygeleë lodge kan gereël word.

Millstream Inn Guest House (Foto: LekkeSlaap)

Klik hier vir die tariewe.
Afstand vanaf Johannesburg: Sowat 90 kilometer

Die Rivier-Houthuis, Muldersdrift

Daar is min dinge so romanties soos ’n houthuisie in die bos en dis presies wat hiér op die oewer van die Krokodilrivier op jou wag! Dié lieflike gastekamer bied B&B-verblyf vir ’n onvergeetlike, romantiese wegbreek in die Wieg van die Mensdom en dis ideaal vir natuurliefhebbers. ’n Stewige ontbyt word in die oggend bedien en aandete is op versoek beskikbaar.

Die Rivier-Houthuis (Foto: LekkeSlaap)

Klik hier vir die tariewe.
Afstand vanaf Johannesburg: Sowat 50 kilometer

La Best Vaal Manor, Vaal Marina

Dis altyd lekker om langs die water te ontspan en La Best Vaal Manor bied luukse gastekamers op die oewer van die Vaaldam. Die gastehuis het vier kamers met slaapplek vir twee gaste elk, ’n swembad, vuurput en toegang tot ’n privaat strandjie. Daar is ’n gemeenskaplike kombuis, eetkamer en sitarea. Julle kan op die perseel visvang en kajakke huur om ’n opwindende dag op die rivier te geniet!

La Best Vaal Manor (Foto: LekkeSlaap)

Klik hier vir die tariewe.
Afstand vanaf Johannesburg: Sowat 100 kilometer

Imbabali Retreat and Venue, Magaliesburg

Ongerepte natuurskoon en die Magaliesberge in die agtergrond ─ wat wil ’n mens dan nou meer hê? Imbabali Retreat and Venue bied lieflike selfsorgkothuise langs ’n dam in die hartjie van die Wieg van die Mensdom. Paartjies kan lekker hier kom ontspan, visvang en die dierelewe geniet. Elke kothuis het sy eie plonspoel en braaigeriewe. Ontbyt kan teen ’n ekstra koste bestel word.

Imbabali Retreat and Venue (Foto: LekkeSlaap)

Klik hier vir die tariewe.
Afstand vanaf Johannesburg: Sowat 80 kilometer

______________________________

Daar is nou geen rede om nie jou hart se punt met ’n naweekwegbreek te bederf nie. Bespreek vandag nog julle welverdiende blaaskans naby Gauteng. As jy in een van ons ander stede woon en ‘n bietjie wil wegkom, het ons ook romantiese plekkies buite die Kaap en Durban vir jou en jou geliefde!

*Hierdie artikel is verskaf deur Lekkeslaap.co.za en is opgestel deur Daniëlle Terblanche.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.