Handwerk: ’n Jas wat pas

(Foto: Met vergunning van die Idees-tydskrif.)

Hierdie elegante lang kamerjas met sy geronde kraag en handgewerkte besonderhede is ideaal vir die koeler weer.

Vir die detail op hierdie kamerjas kan jy met borduurgare en ʼn tapisserienaald teenstellende voorsteke op die voltooide kamerjas vaswerk. Jy kan dit gebruik oral waar jy wil, maar dit maak die kamerjas besonders as dit op die kraag, voorrande, sakke en lyfband gebruik word.

Hierdie patroon is vir bekwame naaldwerkers en die projek sal binne twee naweke voltooi kan word.

Idees het dié naaldwerkprojek spesiaal vir Maroela Media se lesers beskikbaar gestel. Die artikel het oorspronklik in Idees se Mei/Junie 2019-uitgawe verskyn.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.