Raak só ontslae van huisvlieë

(Foto: Verskaf)

Vlieë is ongelukkig een van die algemeenste onwelkome huisgaste; nie net is hulle irriterend nie, maar hulle kan ook siektes versprei, terwyl die peste ook graag hul eiers in vleis en ander kos lê. Vlieë in die huis kan frustrerend wees, maar is sekerlik die ergste in die kombuis waar jy alles skoon, higiënies en netjies wil hou.

Cleanipedia, Suid-Afrika se eerste aanlyn eenstopplatform vir wenke om jou huis maklik skoon te maak en te organiseer, het die volgende vyf voorstelle om vinnig van huisvlieë ontslae te raak:

  1. Voorkoming

Die beste manier is om te keer dat vlieë in die eerste plek jou huis betrek. Die maklikste manier om dit te doen is om jou huis en kombuis skoon te hou. Maak seker die oppervlakke in jou kombuis is skoon. Produkte soos Handy Andy is ideaal om oppervlakke in die kombuis en badkamers silwerskoon en higiënies te hou.

Was jou skottelgoed onmiddellik nadat jy dit gebruik het en moenie kos vir lang tye op die toonbank laat staan nie. Maak jou kombuis altyd deeglik skoon nadat jy kos voorberei het.

Vlieë wat om asblikke draai, kan besonder irriterend wees. Ongelukkig is dié afval ʼn fees vir die insekte en daarom moet jy voedselafval so vinnig as moontlik verwyder en voorkom dat dit ophoop en ʼn aantreklike reukie word wat jou onwelkome gaste teruglok.

Onthou ook om jou asblik gereeld met ʼn ontsmettingsmiddel van ʼn goeie gehalte te was.

  1. Asyn

Vlieë hou glad nie van die reuk van kokende asyn nie, wat dit ʼn uitstekende afskrikmiddel maak. Giet ʼn bietjie moutasyn (malt vinegar) in ʼn pot of ʼn pan, laat dit kook, en siedaar jou onwelkome gaste wil skielik met alle mag en krag uit die huis ontsnap.

Sorg net dat jy die pot goed dophou sodat die asyn nie aanbrand nie en moenie die plaat te warm stel dat dit warm asyn mors of spat nie.

  1. ʼn Tuisgemaakte vlieëvanger

Jy kan jou eie vlieëvanger maak met ʼn pot, suikerwater en ʼn papierkegel. Die suiker lok die vlieë en die pot en die kegel maak dit onmoontlik vir die vlieë om te ontsnap sodra hulle eers vasgevang is.

Oorweeg dit om vliegpapier te koop met ʼn geur wat vlieë lok. Die vlieë sal dan op die plakpapier vassit, sodat jy dit maklik kan verwyder.

  1. Plante as teenvoeter

Vlieë kan sommige plante eenvoudig nie verdra nie. Gebruik gerus kruisement; nie net is dit heerlik om daarmee te kook nie, maar jy kan ʼn kruisementplant langs jou deur, venster of op die kombuis se toonbank plaas terwyl jy besig is om groente op te sny of vleis te verwerk om jou onwelkome gaste in hulle spore te stuit.

  1. As die vlieë oorgeneem het

Ongelukkig kry ons almal die een of ander tyd te doen met ʼn besmetting van vlieë. As dit gebeur is die eerste ding wat jy moet doen om jou huis deeglik skoon te maak met ʼn ontsmetting- of bleikmiddel. Stofsuig en was alle oppervlakke met dié middel af om van alle vliegeiers ontslae te raak. Maak ook agter jou meubels skoon en oral waar dit nie maklik toeganklik is nie, want dit is gewoonlik waar die vlieë wegkruip.

Onthou om altyd eers die instruksies op die etiket van enige skoonmaakmiddel te lees, handskoene te dra en te sorg dat die plek wat jy skoonmaak goed geventileer is, as jy een van hierdie wenke sou volg. Toets alle oplossings eers op ʼn klein stukkie van ʼn oppervlak om te verseker dat dit veilig is om te gebruik en nie die betrokke oppervlak beskadig nie.

Met ʼn bietjie harde werk en hierdie wenke is jou huis sommer binnekort heeltemal vliegvry.

Besoek Cleanipedia.com vir maklike wenke wat hardnekkige vlekke, tuishigiëne, wasgoed, doen-dit-self-projekte, tuinmaak, en meer sal kafdraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

marius ·

uitgevind dat deo blokke wat jy op asblik se bodem sit voordat plastiek sak ingesit word vsrseker geen vliee by asblik en geen of baie min reuke uit asblik

Sonneblomkind ·

Hang plastiek sakkies met water in voir jou kombuis venster en voordeur. Vlieg se kind dink dis n spinnerak. Hy sien water in sakkie as spinnerak. En sie daar vliee bly buite. Ek gebruik dit so en werk 100

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.