Video: Visse swem in bane

Dewald Wasserfall en Adam Tas by Jozinimeer. Foto: ‘n Skermgreep uit die video.)

In dié episode van Byt en buskruit het Adam Tas die tiervisse in die winter by Jozinimeer in die noordooste van KwaZulu-Natal gaan terg.

Hy het sy sangkollega Dewald Wasserfall saam genooi om die groot visse in die koue weer te gaan uittrek. Hulle maak sommer net daar op die meer, wat ook as die Pongolapoortdam bekend staan, se wal kos en sing sommer lekker saam.

Tas het oudergewoonte weer ʼn wenk in videoformaat vir die vissermanne en ‑vroue wat vinniger die grootste visse uit die water wil trek. Hy herinner jou daaraan dat visse in bane swem en dat ʼn paar visstokke in die water op verskillende vlakke vir jou groter sukses langs die water sal verseker.

  • Moenie hierdie episode van Byt en buskruit misloop nie. Elke episode word weekliks op Dapper Media bekendgestel waar dit heeltemal gratis aanlyn gestroom kan word. Al wat jy nodig het, is toegang tot die internet en ʼn Dapper Media-rekening. Kliek hier om gratis op Dapper Media te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hagar ·

Kan ons nie liewer n kenner op die gebied van visvang kry wat raad en wenke kan uitdeel nie. Hierdie is maar frustrerend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.