Sonde met die bure oor Flaffie se blaffie? Hier is dalk die antwoord

CBD-olie vir troeteldiere (Foto verskaf)

Met die vele inperkings wat ons deesdae beleef, was baie van ons gelukkig genoeg om van die huis af te kon begin werk om die pot aan die kook te hou. Alhoewel die vooruitsig dalk rooskleurig geklink het aan die begin, was daar ook ‘n aantal nadele hierby betrokke. Geraasbesoedeling was maar een van die vele faktore.

Indien jy steeds daagliks kantoor toe moes gaan, was jy heel moontlik salig onbewus van die feit dat jou brakkie stelselmatig besig is om jou bure teen die mure uit te dryf in jou afwesigheid. Hy of sy is dalk die oulikste, liefste hondjie onder die son wanneer jy tuis is maar – o wee – wanneer jou motor eers om die hoek verdwyn, ondergaan Brakanjan dalk ʼn gedaanteverwisseling en sal jy jou hande saamslaan. Dis g’n wonder dat jou buurvrou wat deesdae tuis werk, eensklaps so iesegrimmig en stief met jou is nie.

Danksy sosiale media is gemeenskapsgroepe die aangewese uitlaatklep wanneer iemand genoeg gehad het van Flaffie se heeldag-blaffie. Hondeliefhebbers tree baie gou in die bresse vir hul vierbeenvriende, maar is soms so doof soos kwartels wanneer daar oor klein Fiefie se gekef gekla word. Verskeie voorstelle word dan in die kommentaar van Facebookplasings gemaak soos bv. “spuit die hond nat” of “kry ʼn skokhalter” – wat natuurlik glad nie ʼn praktiese, dierevriendelike of langtermynoplossing is nie.

Brakanjan beleef moontlik stres wanneer jy pad vat. Om die stomme dier nat te spuit of te skok, sal bloot sy stresvlakke verder verhoog.

ReThink CBD-troeteldierdruppels kan stres, pyn en ook inflammasie verlig. Dié reeks produkte word plaaslik vervaardig en is deur die CRI (Cannibis Research Institute of South Africa) onderskryf.

Die druppels het ‘n heerlike vleissmaak, bevat geen sukrose of glukose nie en is geskik vir klein, medium en groot troeteldiere.

ReThink het ook ʼn wye reeks produkte beskikbaar vir menslike gebruik en is beskikbaar op Oom Boggom se webwerf by https://boggom.co.za.

Maklike, veilige kredietkaartbetalings, EFT en selfs afbetalingsopsies is beskikbaar.

Aflewering per koerier tot voor jou deur, binne die grense van Suid-Afrika.

Oom Boggom se winkel: kwaliteit, plaaslike produkte wat vlot Afrikaans praat.

Lees meer oor oom Boggom hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.