“Die evangelie van vrede wat Jesus Christus gebring het” word deur Kornelius, ‘n militêre offisier van Italië en dus ‘n nie-Jood, aanvaar.
Jesus is Here van almal en nie net van die Jode nie! Ook ek en jy is nie uitgesluit nie! Kroon Hom vandag as jou Heer en ervaar sy vrede. En deel hierdie vrede uit aan almal wat dit nog nie het nie. Vrede vir jou! (Lees Handelinge 10:1-11:18)