“Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het… laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop… (Lees Hebreërs 12)
Hierdie vers sê dat ons wat met die geloofswedloop besig is, ook ‘n skare het wat ons aanmoedig, soos met die rugby. Hulle is die gelowiges wat reeds die wedloop voltooi het. Dink hier ook aan ons ouers, ons oupas en oumas asook die gelowiges van die Bybel se tyd.
Met vergunning van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek hulle webtuiste hier.