Besware teen die voorgestelde Gautengse tolstelsel sal op 11 November aangehoor word.
Lees meerAlles vir Dinsdag 18 Oktober 2011
Meisie ernstig na sy deur hond aangeval is
ʼn Kleuter is in ʼn ernstige toestand nadat sy Dinsdagmiddag deur ʼn Amerikaanse veghond aangeval is by ʼn huis in Kempton Park.
Getuie: “Hulle wou Terre’Blanche vermink”
ʼn Polisiebeampte het in die rondgaande hof in Ventersdorp getuig dat die twee mans wat beskuldig word van die moord op Eugene Terre’Blanche daarop uit was om hom te vermink.
“Olie-vir-kos”-verslag binnekort bekend
Die Presidensie het aangekondig dat hy die Donen-kommissie se verslag ‘Irakse kos-vir-olie-skandaal’ voor 7 Desember openbaar sal maak.
Getuie: ‘Terre’Blanche se broek was oop vóór hy aangeval is’
ʼn Forensiese ontleder het in die rondgaande hof op Ventersdorp getuig dat Eugene Terre’Blanche se broek oop was voor hy aangeval is.
DA-LP glo toegang tot hospitaal belet
Die DA-LP Jack Bloom het Dinsdag die Chris Hani-Baragwanath hospitaal daarvan beskuldig dat hulle hom toegang tot die hospitaal weier.
18 Oktober 2011
“Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het… laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop… (Lees Hebreërs 12)…
Getuie: ‘Uitermatige geweld is gebruik om Terre’Blanche te vermoor’
ʼn Forensiese ontleder het in die rondgaande hof op Ventersdorp getuig dat uitermatige geweld gebruik is om die voormalige AWB-leier Eugene Terre’Blanche te vermoor.
Nuuskommentaar: Loop Manyi se spook weer?
Dit is duidelik dat die ANC se optrede in die Malema-haatspraakverhoor ‘n diep rassekloof in die samelewing geslaan het.
ET-moordverhoor gaan Dinsdag voort
Die Eugene Terre’Blanche-moordverhoor gaan Dinsdag vir die sewende dag voort in die rondgaande hof op Ventersdorp.
‘Polisie moet Zuma sluipmoord-komplot ondersoek’
Die ANC se voormalige hoof van die presidensie, Smuts Ngonyama, sê die polisie moet ʼn ondersoek doen om te bepaal of daar regtig ʼn aanslag was op pres. Jacob Zuma se lewe toe hy nog adjunk-president was.
“Superkiem” eis derde lewe
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS) het bykomende infeksiebeheermaatreëls in plek gesit by die Life Glynnwood-hospitaal in Benoni nadat ʼn derde persoon dood is aan ʼn uiters weerstandige bakterie.
Die Grondwet en ‘n modus vivendi oor haatspraak
Almal het skynbaar die groot ironie van die Lamont-uitspraak teen Julius Malema misgekyk. Terwyl Adriaan Basson AfriForum verwyt het vir sy aktivisme in die hof – omdat…
18 Oktober 2011
Idioom:
Iemand werk hom boeglam