Ons is baie keer bekommerd oor baie dinge.
Lees Filippense 4:2-9: “Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.” Waaroor is jy vandag bekommerd? Maak soos hierdie vers sê en bring dit na God. Hy beloof dat sy “vrede wat alle verstand te bowe gaan” sal oor jou gedagtes die wag hou. Kyk ook in vers 8 wat jy met jou gedagtes moet maak.
Met vergunning van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Besoek hulle webtuiste hier