Gedagte vir die dag: Geestelike en materialistiese dissipels

landskap_water_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. (Efesiërs 4:15)

Een van die foute wat mense maak in hulle pogings om geestelik te groei is om te aanvaar dat hierdie lewe in twee afsonderlike dele verdeel word: die geestelike en die materiële.

’n Geestelike persoon het ’n lewende belangstelling in mense en dit wat rondom hom gebeur. Soos wat hy deur die Gees van God groei, sal hierdie ondervinding weerspieël word in sy daaglikse lewe. Ware geestelikheid is uiters prakties. As jy in die krag van Christus leef, sal jy in staat wees om te verstaan dat die totale lewe vanuit God se gesigspunt benader moet word en dat alles onder sy heerskappy staan.

Die waarheid is dat jy na die beeld van God geskape is; daarom is jy ’n geestelike wese.

Dankie dat ek kan weet U is altyd by my en sal deur elke hindernis my hand kom vat. Amen.

Bron: Mini-Oordenkings – Genade vir elke oomblik deur Solly Ozrovech
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie Here vir al U genade en seëninge. Amen !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.