“Ek glo,” roep die seun se pa dadelik uit. “Help my in my ongeloof.” (Markus 9:24)
“Vir die een wat glo, kan alles,” was Jesus se antwoord aan die man in vandag se Skrifgedeelte wat gevra het dat Jesus sy kind genees. “Ek glo, Here, help my in my ongeloof,” lees ons in die Bybelteks. Wat ’n op regte man! Dis nie iemand wat maskers opsit en voorgee nie, of hom laat afsit deur die swakheid van sy eie vlees nie. Sy oë is op die doel, Jesus, en hy gaan nie daarvan afwyk nie. “Here, hier kom ek, help my asseblief, want ek gaan waarskynlik struikel. Dis nie omdat ek nie by U wil wees nie. Al moet ek kruip tot by U, ek is op pad! Niks keer my nie.”
Ek en jy kom by ’n plek in ons lewe waar ons besef hoeveel vlees daar regtig in ons is. Ons begeer om swaar harte voor God te hê. Ons wil graag die wil van God in ons lewe laat geskied, maar daar bly soms dele wat, ondanks ons begeerte na God, moeilik oorwin word.
Wanneer ons met sonde gekonfronteer word, gryp ons wese daarna ten koste van ons begeerte na God. ’n Alkoholis se worsteling is ’n voorbeeld. Hy begeer God, maar in die teenwoordigheid van drank sal sy opregte gebed wees: “Here, kom my swak wil te hulp,” want op daardie oomblik smag sy siel na alkohol in weerwil van sy begeerte om daarvan weg te breek. So ’n gebed gryp na God ongeag die swakheid van die vlees. Dit sê: “Ek gee nie om aan watter kragte en magte my liggaam en siel onderworpe is nie, ek wíl na God.”
Wanneer ’n mens op die stadium in jou lewe kom waar jy verlos wíl wees, is verlossing naby. Dis hoe iemand lyk wat Jesus begeer en wat Jesus beleef. “Here, kom my ongeloof te hulp!”
Waar die hart van vol is loop die mond van oor. Heer ek wil askies sê dat ons bykans geen kommentaar lewer oor juis die belangrikste aspek in ons lewens en dis U.
Op ander gebeure soos politiek,sport ens sê ons hardop ons sê. Maar ons sê wynig ons sê vir U
Net dit vandag weer vir U onomwonde verklaar.”U IS DIE BELANGRIKSTE VAN ONS BESTAAN” Sonder U is ons niks. En al skrywer ons nie dit elke dag duidelik uit nie sal ons liefde vir U vas bly staañ. En wie is ons? Elkeen wat belei dat U hul naam op U handpalm gegraveer hey. Dankie daarvoor ons Pappa
AMEN!!!-Renier AMEN!!!!
Dankie daarvoor Renier…nou net weer tot die besef gekom hoe geseënd ek is om so n AMAZING GOD te hê.
Dankie Here dat U genade so groot is.
Ek glo in gebed,ek glo in wonderwerke en ek glo dat God ons hoor as ons met Hom praat
Ek glo ook dat God n mens se swaar sien daarom sorg Hy vir ons
U ons GOD het nog altyd ons bygestaan in nood en U liefde is Oneindig baie. Dankie daarvoor. Amen
Dankie Heer dat u my nog nooit teleurgestel het nie. U sorg in my behoeftes. Vergewe my as my geloof swak is en maak my opnuut sterk om nie te twyfel nie. Amen
Dankie Hemelse Vader dat U my hierdie stukkie laat lees het. Kom asseblief ook mý ongeloof tot hulp. Amen.