ToekomsVenster: Nooit weer dors nie

Foto: Alex Perez/Unsplash

Joh. 4:14 – Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ‘n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”

Die merkwaardige gesprek wat Jesus met die Samaritaanse vrou by die put van Jakob het, is bekend. Haar eerste verstaan het met die sigbare en uiterlike te doen. Sy hoef voortaan nie meer die moeite te doen om water te skep nie. Daarbenewens hoef ook nie meer na die bespotting en minagting van ander te luister nie

Jesus spreek haar diepste behoefte aan: Dis nie water vir ʼn fisieke nie, maar vir ʼn geestelike dors.

Ontleed die teks saam met my en let op ʼn paar rigtinggewende merkers. Vra jouself wat die betekenis daarvan kan wees.

  1. Hoeveel keer kom die woord water voor? Dink na hoe strategies belangrik water vir oorlewing is. Suid-Afrika stuur volgens kenners op ʼn waterskaarste af. Dink in oordragtelike sin na oor geestelike water.
  2. Let op die woordjie “hom”. Sien die gebruik van “in hom” en “vir hom” raak. Hoe werk “in hom” en “vir hom” in jou gedagte?
  3. Sien die werkwoord drink. Water, ongeag hoeveel daarvan beskikbaar is, moet gedrink word, anders het dit geen betekenis en waarde nie. Het jy al die geestelike water gedrink? Waar les mense hul dors oral?
  4. “Wat Ek gee” – wie voorsien die water? Hoeveel kos dit? Wat moet daarmee gedoen word? Dink aan ʼn ander woord vir water.
  5. Sien die gebruik van “ewigheid” en “ewige lewe” raak.
  6. Wat is die uitwerking van die water volgens die teks? Let op die energie in “opborrel”. Waaraan sien ʼn mens dit in ander se lewens?
  7. Wat sê die teks vir jou?

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.