Afrihost spog met diensverskaffer-toekenning

Gian Visser, uitvoerende hoof van Afrihost (Foto verskaf)

Afrihost het MyBroadband se gesogte toekenning vir Beste Breëband-internetdiensverskaffer vir 2023 ontvang.

Afrihost is as die wenner aangewys danksy sy uitnemende prestasie oor ʼn rits breëbandoplossings.

Kandidate vir die MyBroadband-toekenning vir Beste Breëband-internetnetdiensverskaffer is gekies gebaseer op die produkte en dienste wat hulle aan die Suid-Afrikaanse mark bied, en die vlak waarop dié produkte en dienste presteer.

Afrihost het kop bo skouers bo ander internetdiensverskaffers (ISP’s) in die verband uitgetroon, danksy die prestasie van sy verbindingsaanbiedings en die tevredenheidsvlakke van sy kliënte.

Breëbandoplossings en tevrede kliënte

Afrihost bied ʼn wye reeks breëbanddienste aan die plaaslike mark. Dit sluit in, maar is nie beperk nie tot die volgende produkte:

  • Vesel
  • Vaste LTE
  • Vaste 5G
  • ADSL
  • Selfoon

Só wye produkreeks kan baie uitdagings vir ʼn ISP bied, aangesien hulle hoë prestasievlakke oor ʼn rits tegnologieë en netwerke moet verseker, terwyl daar steeds ʼn gesentraliseerde manier is vir kliënte om met hulle interaksie te kan hê.

Breëband-internetdiensverskaffers moet ook deurlopend innoveer en nuwe produkte teen aantreklike pryse bied in ʼn hoogs mededingende mark.

Afrihost het dié ingewikkelde balans reggekry – deur sy groot kliëntebasis tevrede te stel oor verskeie vesel, DSL en mobiele netwerke.

Voorbeelde van Afrihost se uitstekende prestasie kan gesien word in die kwantitatiewe en kwalitatiewe ISP-navorsing wat MyBroadband onderneem het.

Afrihost is gereeld in die eerste plek in MyBroadband se opnames oor kliëntetevredenheid, terwyl sy Analytico-spoedtoetsresultate wys dat dit deurlopend vinnige, laelatentheidsoplossings aan sy gebruikers bied.

Dit word gekomplementeer deur Afrihost wat gereeld nuwe produkte vrystel om sy diverse kliëntebasis tevrede te hou. Onlangse voorbeelde hiervan sluit in Air Mobile – ʼn MVNO wat deur die MTN-netwerk aangedryf word, en vaste 5G-pakkette.

Dit is tesame met die breëbanddienste waarvoor die maatskappy reeds bekend is: vesel op Openserve, Vumatel, Frogfoot en Octotel; en DSL op Openserve.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.