Jacques Basson gesels met die entrepreneur Mias van Vuuren eienaar van Soapbox Promotions & Gifts. Hulle verskaf korporatiewe klere en geskenke en is een van die grootste verskaffers in Suid-Afrika. Die volledige onderhoud waar Mias sy wenke met entrepreneurs deel, word Donderdag om 10:00 gepubliseer.
As jou hulpbronne onbeperk was, wat sou jy onmiddellik in jou besigheid verander of verbeter?
Ek sou heel eerste my personeel tevrede en gelukkig stel. Baie ouens sê vir my geld is nie altyd die belangrikste ding nie, maar ja, salaris is seker maar die eerste ding waaraan ‘n ou dink. As jou personeel versorg is, dan vloei jou besigheid ook sommer beter, en natuurlik is ou Maslow ook altyd in die storie. Boonop is daar van die blouboordjie mense wat vir ‘n hele huishouding moet sorg, so as mens hulle tevrede en gelukkig hou dan gee hulle weer terug vir ‘n ou.
Luister na die volledige onderhoud met Mias van Vuuren Donderdag om 10:00.