Sekuriteit-super-app se beleggingsgeleentheid bars uit sy nate 

(Foto: Verskaf)

Die gebruik van slimfoon-tegnologie om jou persoonlike beskerming te verseker, ongeag van ligging, blyk nie net ’n noodsaaklikheid te wees nie maar ook ’n uitmuntende besigheidsgeleentheid.

Sedert die Secure Me SA-app vroeër vanjaar van stapel gestuur is, het die toename in gebruik en aansluiting, deur middel van subskripsie, stewig toegeneem om gebruikers toegang te gee tot meer as 4 000 gewapende sekuriteitspersoneel en meer as 300 sekuriteitsmaatskappye.

“Die sekuriteitsbedryf in Suid-Afrika is tans die sewende grootste ter wêreld en skep vier keer soveel werksgeleenthede vir sekuriteitswagte as die aantal aktiewe polisielede. Dit spreek terselfdertyd ook die nood aan vir beveiliging, selfs weg van ʼn mens se woning en die potensiaal vir die beleggingsgeleentheid,” sê stigter Willie van Zyl.

Die Secure Me SA-app sluit vir gebruikers enige noodtoestande in soos aanranding, huismoles, kaping of enige situasie waar gevaar betrokke is of wat tot moontlike gevaar kan lei. Hierdie tegnologie is ontwikkel saam met ’n nasionale netwerk van gewapende reaksiemagte wat ingespan word om in tye van werklike nood en angs hulp te verskaf – daar waar die gevaar plaasvind. Dit is uiters goeie nuus vir ons land waar misdaad en die werkloosheidsyfer teen ʼn angswekkende koers toeneem.

(Foto: Verskaf)

Die Secure Me SA super-app is ontwikkel om in minder as ses minute die naaste gewapendereaksie-voertuig by jou GPS-ligging te bring – 24 uur per dag, sewe dae per week. Dié tegnologie, wat deur die Secure Me SA-app verskaf word, is slim genoeg sodat jou persoonlike besonderhede en geoligging beskikbaar is, selfs al kan jy nie beweeg of praat nie. Daar is reeds 49 000 versoeke vir hulp geaktiveer sedert die begin van 2020.

Secure-Me bied tans ’n herhalende inkomstegeleentheid deur die beskikbaarheid van slegs vier beleggingsgeleenthede, teen ’n minimale bedrag. “Die sekuriteitsbedryf is na konserwatiewe raming ongeveer R50 miljard sterk. Ons mikpunt met die beleggingskapitaal is om teen Februarie 2022 ongeveer 10 000 betalende gebruikers te hê. Ronde een se beleggingsgeleenthede is reeds 100% onderskryf en die fondse word aangewend vir deurlopende ontwikkeling en bemarking,” sê van Zyl.

Dit bied ook ’n uitstekende herhalende inkomstegeleentheid aangesien die besigheidsmodel gegrond is op individuele en familiesubskripsies per maand. Om navraag te doen oor hierdie geleentheid klik hier.

Alle Suid-Afrikaners in ons nege provinsies kan maklik die Secure-Me-app aflaai teen slegs R59 per slimfoon per maand, met ’n familiesubskripsie wat vyf lede insluit teen R199 per maand. Die app is beskikbaar in die Google Play Store, Apple se App Store en Huawei se App Store sodat jy toegang kan kry tot meer as 4 000 gewapende sekuriteitspersoneel en meer as 300 sekuriteitsmaatskappye.

Die Secure-Me app sal onmiddellik jou geliefdes in kennis stel indien jy in ’n noodsituasie beland. Bykomende appfunksionaliteit verseker dat daar hulp sal wees sodra jou slimfoon geskud word of val. Die gekose kontakpersone in die app sal ook toegang hê tot jou ligging en vordering op hulp-ontplooiing. Klik hier om die Secure-Me app af te laai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.