Video: ‘Volg jou passie, nie net geld nie’

Magriet Groenewald. (Foto: Verskaf)

Magriet Groenewald en Maroela Media gaan oor die volgende agt weke ʼn reeks video’s aanbied waarin Magriet praktiese wenke deel oor hoe om jou eie onderneming te begin en só ʼn inkomste te verdien.

Wenk 1: Volg jou passie, nie net geld nie

“As jy slegs vir die geld ʼn onderneming begin, kan dit daartoe lei dat jy rondspring van die een idee na die volgende en uiteindelik nie suksesvol is nie,” verduidelik Magriet.

“Vind uit waaroor jy werklik passievol is, en skryf alles neer.”

Kyk hier na Magriet se wenk-video:

Meer oor Magriet Groenewald

Magriet is die eienaar en stigterslid van Magriet.co, ʼn aanlyn sosialemediasakeskool.

Dié kreatiewe donkerkop se passie is om entrepreneurs, sake-eienaars en beïnvloeders te bemagtig om hul aanlyn voetspoor te vergroot en sodoende hulleself én hul produkte beter te bemark.

Sy het tydens die afgelope nege jaar in die bedryf al saam met talle bekendes gewerk. Sy woon tans in Somerset-Wes saam met haar man en drie van hul vyf kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.