Hill’s se troeteldierkos sit die gejeuk en -krap stop

Sowat 40% van besoeke aan die veearts is as gevolg van honde met velprobleme.1

Meeste troeteldierallergieë word deur omgewingsfaktore veroorsaak wat goggas soos vlooi- en insekbyte kan wees, of allergiewekkers uit die omgewing soos stuifmeel asook stofmiete, of baie minder algemeen, allergieë wat deur kos veroorsaak word soos bees- en hoendervleis. Selfs al ervaar slegs 10% van honde kosallergieë (in teenstelling met die meeste allergieë wat deur omgewingsfaktore veroorsaak word), is dit kommerwekkend dat daar ʼn 20% – 30% groter risiko vir hierdie honde is om verdere allergieë weens omgewingsfaktore te ontwikkel.2

Tot groot frustrasie en stres vir troeteldierouers kan dit moeilik wees om die spesifieke oorsaak van ʼn allergie te bepaal. Dit is gewoonlik ʼn tydsame en duur proses wat daartoe lei dat die regte behandeling nie dadelik toegedien kan word nie. Intussen moet jou dierekind met ʼn onophoudelike gejeuk en min slaap sukkel, tesame met ʼn gekrap wat verdere pyn veroorsaak.

Hill’s Pet Nutrition is ʼn leier in terapeutiese voeding en het die enigste klinies beproefde voedingsoplossing vir beide kos- en omgewingsallergieë* ontwikkel, naamlik Hill’s Prescription Diet Derm Complete. Die kos is klinies beproef om die volledige spysverteringsproses te dek, ongeag die rede vir die probleem, en verskaf ʼn voedingsoplossing vanaf die eerste bakkie kos.

Hoe weet jy of jou hond dalk aan allergieë ly? 

Die eerste sigbare teken is jou hond se vel. Jou hond se vel behoort glad en sag te wees, sonder rooiheid, skilfers of enige tekens van irritasie. Die vel moenie te olierig of te droog wees nie en daar moet ook nie plekke wees waar die hare uitval nie.

Ander algemene tekens van allergieë sluit in:

  • ʼn Gejeuk, gekrap, gelek of gevryf
  • Gedurige oorprobleme of ore wat geskud word
  • Rooi vlekke, kolle of puisies
  • Rowe, ’n kors of verdikte vel
  • Braking, diarree, winderigheid
  • Slegte reuk wat deur die vel afgegee word
  • Hoes, ’n bors wat fluit, nies

Derm Complete help om die twee primêre redes vir ʼn gejeuk aan te spreek deur middel van die volgende:

  • ’n Deurbraak formule met anti-inflammatoriese bioaktiewe bestanddele en plantvoedingstowwe om jou hond se reaksie op allergiewekkers uit die omgewing te beheer.
  • Ongewone proteïene wat 96% van kosallergieë verhoed3– eier is ʼn hoë kwaliteit, onverwerkte diereproteïenbron tot voordeel van die immuunstelsel wat die duur van die allergiese reaksie verkort en die vermoë het om die ontstekingsreaksie uit te doof.
  • Hoë vlakke en die perfekte verhouding van Omega 3- en 6-vetsure vir ʼn gesonde vel, wat as versperring teen moontlike allergiewekkers in die omgewing dien.

Om jou honde met Derm Complete te voer, sal jy help om hulle lewenskwaliteit te verbeter deurdat die volgende probleme verminder word:

  • Pynlike skaaf & krapmerke
  • Swak slaappatrone
  • Erge pruritus (jeukerigheid)
  • Lae energievlakke
  • Spysverteringskanaalprobleme (braking/diarree)

Derm Complete kan in 99,6% van die gevalle waar honde met dermatologiese kwale sukkel, gebruik word, en kan ook die eerste tree wees om enige hondverwante dermatologiese gevalle te behandel, ongeag die oorsaak van die gejeuk (dit is slegs honde wat vir eiers allergies is wat negatief kan reageer).

Alle troeteldierouers wil verseker dat hulle diere gelukkig en gesond is, en velgesondheid is noodsaaklik om dit moontlik te maak. ʼn Behoorlike bad, gereelde pels- en velondersoeke, kos wat kan help om die vel te beskerm en te genees, en ʼn jaarlikse besoek aan die veearts is wonderlike maniere om troeteldierouers te help om allergieë waarmee hulle troeteldiere dalk kan sukkel, te bestuur.

As jou hond enige van bogenoemde simptome toon en jy bekommerd is dat jou troeteldier dalk aan allergieë ly, beveel Hill’s Pet Nutrition aan om die veearts vir ʼn professionele diagnose te besoek. Jou veearts sal die beste metode van behandeling wat gevolg moet word, voorstel.

Vir meer inligting oor Hill’s, besoek die itchyPets webwerf, of loer in by:
Facebook: HillsPetZA
Twitter:@HillsPetSA
Instagram: @HillsPetFoodSA
YouTube: /HillsSouthAfrica

*Die enigste voedingsoplossing vir beide kos- en omgewingsallergieë by honde wat deur drie kliniese studies ondersteun word.
1O’Neill DG et al. Prevalence of Disorders Recorded in Dogs Attending Primary-Care Veterinary Practices in England. Plos One 9(3): e90501
2Gelyktydige allergieë mag in 20-30% van gevalle by honde en katte met ʼn negatiewe reaksie op kos voorkom (SACV 5, pp. 630, English language version; Verlinden A, Hesta M, Millet S, Crit Rev Food Sci Nutr. 2006;46(3):259-73.)
3Mueller RS, Olivry T, Prélaud P. Critically appraised topic on adverse food reactions of companion animals (2): common food allergen sources in dogs and cats. BMC Vet Res. 2016:12:9.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.