Jou hond kan trane van blydskap stort

Jou hond kan trane van blydskap stort. (Helena Lopes/Unsplash)

Honde-eienaars ken die ongelooflike vreugde van om by die huis te kom en gegroet te word deur hul opgewonde, stertswaaiende, gesiglekkende vierpotige vriend.

Wat mense egter nie weet nie, is dat jou tuiskoms dikwels daardie vriend skoon tranerig laat word.

Dit is bewys in ’n artikel wat Maandag in die akademiese joernaal Current Biology gepubliseer is.

Die wetenskaplikes het die hoeveelheid trane in honde se oë met die Schirmer-toets gemeet. Dié toets bestaan uit die plaas van ’n gespesialiseerde strook onder die ooglede. Vir ’n basislynlesing het hulle die toets op honde uitgevoer tydens ’n normale interaksie met hul eienaar.

Navorsers het bevind dat wanneer honde ná vyf tot sewe uur weer met hul eienaars herenig word, verhoog hul traanproduksie in die daaropvolgende vyf minute “aansienlik”.

Hulle het ook bevind dat honde meer trane produseer wanneer hulle met hul eienaars herenig word as wanneer hulle naby mense is waarmee hulle bloot bekend is.

Volgens die navorsers is hierdie reaksie waarskynlik weens die vrystelling van oksitosien, oftewel die “liefdeshormoon”.

Die wetenskaplikes het daarna probeer toets of die hondetrane ’n emosionele uitwerking op die eienaar het. Hulle het die eienaars gevra om verskeie foto’s van hul honde met en sonder kunsmatige trane te rangskik tot die mate wat hulle die hond eerste sou wou versorg.

“Die hondefoto’s met kunsmatige trane is aansienlik hoër rangskik as die normale, traanlose hondefoto’s,” het die Japannese navorsingspan geskryf.

“Dit is moontlik dat die honde wat tranerige oë toon tydens interaksie met die eienaar meer deur die eienaar versorg sal word.”

Daar bevind dat oogkontak ’n rol in die vorming van ʼn band tussen ʼn hond en sy eienaar speel.

In toekomstige studies wil die navorsers toets of honde op dieselfde manier trane produseer wanneer hulle ander hondevriende ontmoet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.