Osteoartritis in jou hond en kat

(Foto verskaf deur Virbac)

Osteoartritis is ʼn pynlike toestand wat verwant is aan die progressiewe afbreek van kraakbeen in jou hond of kat se gewrigte.

Hierdie kraakbeen is ʼn dun lagie wat op die oppervlak van twee teenoorstaande bene in ʼn gewrig is. Dit dien as ʼn tipe skok-absorbeerder, wat die onderliggende been teen wrywing en impak beskerm.

Ouderdom, genetiese ontvanklikheid, vetsug en trauma kan lei tot osteoartritis. ʼn Bekende begrip wat veral in groter honde gebruik word, heupdisplasie, is die abnormaliteit in vorming van die heupgewrigte, wat dan lei tot osteoartritis.

Let asseblief op vir die volgende simptome (wat soms baie subtiel kan wees), wat dui op pyn as gevolg van osteoartritis:

  • Sukkel om op te staan
  • Vermy trappe
  • Spring nie meer op bank/bed soos voorheen nie
  • Loop met korter treë
  • Sit met een been wat effens na buite gedraai is
  • Hop eerder as om met egalige, lang treë te hardloop
  • Lek die gewrigte

Dis belangrik om jou troeteldier veearts toe te vat sodra enige van hierdie simptome opgemerk word, en sodoende behandeling te kry om die pyn onder beheer te hou vir jou hond of kat.

Daar is medikasies vir pyn, sekere kossoorte, asook aanvullings beskikbaar om osteoartritis te behandel en te voorkom.

By Virbac stel ons graag Glucocare Premium aan jou bekend.

Glucocare Premium is ʼn aanvulling met al die belangrike voedingsmiddels wat benodig word om osteoartritis te voorkom, asook die progressie daarvan te vertraag.

Dit is ryk in Omega 3, glukosamien, chondroïtien-sulfaat en groenlipmossel, wat alles bewys is om ʼn voordelige impak op die gesondheid van gewrigte en kraakbeen te hê.

Dit bevat boonop ook avokado en sojaboonolies, wat wetenskaplik bewys is dat dit die afbreek van kraakbeen voorkom.

Hierdie is ʼn enig-in-sy-soort aanvulling, wat al talle diere se lewensgehalte verbeter het deur die kraakbeen en gewrigte te voed en ondersteun.

Hierdie aanvulling is verkrygbaar by jou naaste veearts.

Vir meer inligting oor die Virbac-produkte, besoek virbac.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.