Versorg jou troeteldier se tande

Image by Agata Nyga / Pixabay

Die wêreld van tande is fassinerend en uiteenlopend, en elke spesie se tande is interessant. Kom ons kyk bietjie na die verskil tussen troeteldiere en mense se tande in terme van struktuur en versorging.

Verskille tussen spesies

Katte en honde het ʼn unieke tandstruktuur. Katte begin met 26 melktande, wat dan later vervang word met 30 permanente tande, terwyl honde 28 melktande het, met ʼn indrukwekkende 42 permanente tande.

Mense, aan die ander kant, het 20 melktande, wat dan oor tyd vervang word met 32 permanente tande.

Hierdie verskil in die hoeveelheid tande dui ook aan hoekom daar verskille bestaan in voedingsbehoeftes asook leefwyse van elke spesie.

Die kompleksiteit van ekstraksies in troeteldiere

Het jy al ooit gewonder hoekom dit moeiliker is om ʼn hond se tand te trek as ʼn mens s’n? Met troeteldiere verg dit meer as om net bloot die tand te “trek”.

Honde en katte het ingewikkelde tand-anatomie, gewoonlik met lang, gebuigde wortels wat diep in die kakebeen ingebed is. Die premolare en molare (kiestande) het ook dikwels meer as een wortel, wat elkeen in ʼn ander rigting kan buig. As gevolg van hierdie kompleksiteit, is dit dikwels nodig om die tande in seksies te verdeel om ʼn fraktuur van die tand en wortels te voorkom.

Hierdie tegniek verseker die verwydering van die hele tand, en voorkom toekomstige pyn en moontlike tandabsesse.

Hoekom is my troeteldier se tandheelkundige prosedure so duur ?

Die kostes van ʼn tandheelkundige prosedure op jou troeteldier kan ʼn eienaar soms verras.

Daar is egter verskeie faktore wat bydra tot hierdie kostes. Benewens die skoonmaakproses van die tande, wat ultrasoniese skalering en polering behels, is dit noodsaaklik dat jou troeteldier onder narkose geplaas word, om dit vir hulle pynloos en veilig te maak.

Voor hierdie narkose word daar gewoonlik bloedtoetse gedoen, om seker te maak jou troeteldier is gesond genoeg vir narkose om die risiko vir komplikasies so laag as moontlik te hou.

Daar word ook X-strale van die tande geneem, om na die gesondheid van die tandwortels te kyk, asook om te bepaal watter tande verwyder moet word. Indien daar wel tande is wat verwyder moet word, word daar gewoonlik ʼn “flap-chirurgie” gedoen, waar ʼn gedeelte van die tandvleis losgemaak moet word om die spasie waar die tand was, weer te bedek. Dan is dit ook belangrik dat jou troeteldiere gemonitor word tydens en ná die prosedure, om enige komplikasies te voorkom.

Die koste van so ʼn prosedure reflekteer dus die kundigheid, toerusting, narkose, voorkomende maatreëls, moontlike behandelings (byvoorbeeld antibiotika en pynmedikasie) asook nasorg wat deur jou veearts gedoen word.

Gereelde tandheelkundige ondersoeke 

Veeartse beveel jaarlikse tandheelkundige ondersoeke sterk aan:

  • tandheelkundige probleme is baie algemeen by diere;
  • gereelde versorging voorkom probleme soos slegte asem, tandbederf asook tandvleisprobleme;
  • die pyn wat met tandheelkundige probleme gepaard gaan, kan jou troeteldier se vermoë om te eet affekteer, wat gewigsverlies tot gevolg kan hê; en
  • bakterieë en gifstowwe wat deur hierdie bakterieë op die tande geproduseer word, kan opgeneem word in die bloedstroom, en verskeie organe beskadig, gewoonlik die niere, hart en lewer.

Koubare lekkernye vir tandheelkundige gesondheid

Om na jou troeteldier se tandheelkundige welstand te kyk is baie belangrik, en dikwels iets wat deur eienaars oorgesien word. Koubare lekkernye wat deur die Veterinary Oral Health Council (VOHC) goedgekeur is, kan vir jou ʼn oplossing bied. Jou troeteldier geniet nie net hierdie lekkernye nie, maar hul tande word terselfdertyd skoongemaak van alle plaak en tandsteen.  Die kouproses stimuleer ook speekselproduksie, wat die sure in die mond neutraliseer en alle kos van die tande af verwyder.

Deur hierdie koubare lekkernye vir jou troeteldier te gee, kan jy die hoeveelheid plaak wat vorm met tot 70% verminder.

Die VOHC kyk na verskillende produkte vir doeltreffendheid, en hulle merk van goedkeuring word slegs geplaas op produkte wat hul effektiwiteit bewys het.

Wees baie versigtig: Moet nie harde voorwerpe (insluitend bene) vir jou troeteldier gee nie. Dit is moeilik om te buig en breek, en lei dikwels tot tandfrakture.

Veggiedent

Virbac se Veggiedent-reeks is goedgekeur deur die VOHC.

Dit bevorder orale gesondheid deur die koutydperk te verleng, en die meganiese aksie op die tande te verhoog, wat lei tot meer plaak en tandsteen wat verwyder word.

Met lekkernye wat deur veeartse geformuleer is, kan jy jou hond bederf en terselfdertyd omsien na sy tandheelkundige gesondheid.

Jou troeteldier verdien die beste sorg, en met Veggiedent se holistiese benadering, kan jy omsien na sy tande, asook sy geestelike welstand en gewrigsondersteuning.

Vir meer inligting oor die Virbac-produkte, besoek virbac.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.