Wen met jou troeteldierfoto

(Foto: Shutterstock)

Ons troeteldiere is deel van die gesin – of dit nou hond, kat, papegaai of troetelvarkie is. Hier is jou kans om ʼn heerlike bederf vir jou troeteldier te wen.

Só werk dit

Daar is drie kategorieë waarvoor jy jou troeteldier kan inskryf. Stuur ʼn foto van jou troeteldier aan ons teen 22 Oktober 2023.

Die beste foto’s uit die drie kategorieë sal dan deurdring en die publiek sal vir hulle gunstelinge in die onderskeie kategorieë kan stem.

Die drie kategorieë waarvoor jy kan inskryf, is honde, katte en enige ander troeteldier (buiten katte of honde).

Wat kan jy wen?

Enige troeteldier buiten katte of honde

Die wenner uit die kategorie “enige ander troeteldier” wen ʼn baie spesiale lyn-illustrasie van jou troeteldier deur Bearer of Good News. Die waarde van die prys beloop R650,00.

  • Bearer of Good News is ʼn klein onderneming wat digitale moderne lyn-illustrasies van jou beste maat – enig in sy soort – doen. Dit is hier waar liefde vir kuns en troeteldiere saamsmelt. Besoek die webwerf vir meer inligting.

 

Bearer of Good News (Foto verskaf)

Honde

Die algehele wenner van die honde-afdeling ontvang ʼn geskenkbewys van Pennie and Me, ʼn geskenkbewys van Jelico en ʼn geskenkbewys van Floofen. Die waarde van dié prys beloop R950,00.

  • Pennie and Me is ʼn klein onderneming in die Tuinroete wat naamplaatjies uit koper vir troeteldiere maak. Elke naamplaatjie word spesiaal met die hand gemaak. Hulle maak ook blommekranse vir honde – die perfekte bykomstigheid vir spesiale geleenthede soos troues en fotosessies. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R250,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.
  • Jelico maak luukse troeteldiermeubels. Die reeks sluit in bamboes- en staalverhoogde voerders, bamboesbeddens, stylvolle hondetrappe en estetiese katskrapers en katmuureenhede wat naatloos by jou huis sal inskakel. Elke item is plaaslik handgemaak om kwaliteitprodukte te skep wat nie net mooi is nie, maar ook funksioneel en volhoubaar is. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R500,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.
  • Floofen treatz is ʼn klein onderneming wat tydens die Covid-19-pandemie ontstaan het. ʼn Brakkie, Leila, het heelwat gewig opgetel van hondekoekies en die idee het toe ontstaan om ʼn gesonder alternatief te vervaardig. Floofen treatz is ʼn bakkery wat daarin spesialiseer om graanvrye koekies en koeke, wat vry is van enige kunsmatige middels, vir honde te bak. Vir die vierpotiges wat glutenallergieë het, word daar spesiale glutenvrye lekkernye gebak. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R200,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.

Die naaswenner in die honde-afdeling ontvang ʼn geskenkbewys van Pennie and Me en ʼn geskenkbewys van Floofen. Die waarde van dié prys beloop R450,00.

  • Pennie and Me is ʼn klein onderneming in die Tuinroete wat naamplaatjies uit koper vir troeteldiere maak. Elke naamplaatjie word spesiaal met die hand gemaak. Hulle maak ook blommekranse vir honde – die perfekte bykomstigheid vir spesiale geleenthede soos troues en fotosessies. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R250,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.
  • Floofen treatz is ʼn klein onderneming wat tydens die Covid-19-pandemie ontstaan het. ʼn Brakkie, Leila, het heelwat gewig opgetel van hondekoekies en die idee het toe ontstaan om ʼn gesonder alternatief te vervaardig. Floofen treatz is ʼn bakkery wat daarin spesialiseer om graanvrye koekies en koeke, wat vry is van enige kunsmatige middels, vir honde te bak. Vir die vierpotiges wat glutenallergieë het, word daar spesiale glutenvrye lekkernye gebak. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R200,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.

Floofen treatz (Foto verskaf)

Katte

Die algehele wenner van die katte-afdeling ontvang ʼn geskenkbewys van Pennie and Me en ʼn geskenkbewys van Cat & I. Die waarde van dié prys beloop R550,00.

  • Pennie and Me is ʼn klein onderneming in die Tuinroete wat naamplaatjies uit koper vir troeteldiere maak. Elke naamplaatjie word spesiaal met die hand gemaak. Hulle maak ook blommekranse vir honde – die perfekte bykomstigheid vir spesiale geleenthede soos troues en fotosessies. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R250,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.
  • Cat & I het begin toe die eienaar ʼn katjie genaamd Knuffel aangeneem het, maar gesukkel het om die aanbevole katharnas in Suid-Afrika op te spoor. Dit het die saadjie geplant om Suid-Afrikaanse kateienaars van pragtige katharnasse en bykomstighede te voorsien sonder om die veiligheid en gemak van hul katte in te boet. Die harnasse en bykomstighede word gemaak van 100% katoen, wat beteken dit is lig en die dier kan selfs tydens die Suid-Afrikaanse somers steeds maklik asem haal. Slegs plaaslik gedrukte materiaal word gebruik en elke item word met die hand in Kaapstad vervaardig. Cat & I is ʼn baie klein span wat bestaan ​​uit drie Suid-Afrikaanse dames en ons meowdel en “proefkonyn” Knuffel die kat. Items word slegs by die versameling bygevoeg as Knuffel sy poot van goedkeuring gee. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R300,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.

Die naaswenner van die katte-afdeling ontvang speelgoed van Insomni Cat Toys en ʼn geskenkbewys van Floofen. Die waarde van dié prys beloop R410,00.

  • Insomni Cats Toys het begin as ʼn stokperdjie tydens die Covid-19-pandemie. Die eienaar was gefrustreerd oor die gebrek aan verskeidenheid in katprodukte in vergelyking met hondeprodukte. Sy het in dieselfde tyd in viltwerk begin belangstel, vilt gekoop en begin eksperimenteer. ʼn Paar van die speelgoed is met vriende gedeel en die onderneming het van daar gegroei. Insomni Cats Toys se doel is om oulike, duursame speelgoed teen bekostigbare pryse te verskaf. Dié prys sluit in ʼn Flamingo Rod Toy, stelletjie van drie Zoo-koekies, Valerian Root Whale, Doughnut, Jungle Balls, stelletjie van vyf muise en ʼn Dangly Squid. Die waarde van die prys beloop R260-00. Besoek die Instagram-profiel vir meer inligting.
  • Floofen treatz is ʼn klein onderneming wat tydens die Covid-19-pandemie ontstaan het. ʼn Brakkie, Leila, het heelwat gewig opgetel van hondekoekies en die idee het toe ontstaan om ʼn gesonder alternatief te vervaardig. Floofen treatz is ʼn bakkery wat daarin spesialiseer om graanvrye koekies en koeke, wat vry is van enige kunsmatige middels, vir honde te bak. Vir die vierpotiges wat glutenallergieë het, word daar spesiale glutenvrye lekkernye gebak. Die waarde van dié geskenkbewys beloop R150,00. Besoek die webwerf vir meer inligting.

Insomni Cats Toys (Foto’s verskaf)

Floofen treatz (Foto verskaf)

‘n Ekstra bederf

Afrivet bederf ook elke kategoriewenner met die boek ʼn Gids tot dieresiektes in Suid-Afrika: Katte en honde. ʼn Kalmerende halsband vir katte word ook ingesluit. Die waarde van dié prys beloop R600.

Afrivet-geskenk (Foto verskaf)

Skryf nou in

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum vir inskrywings vir dié kompetisie is 22 Oktober 2023 @ 23:45.
  • Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, stem jy in dat jou foto, naam en dorp/stad waar jy woon op Maroela Media en op sosiale media gedeel mag word indien jy deurdring tot die stemmery.
  • Die stemmery sal in die daaropvolgende week begin en tot 5 November 2023 voortduur.
  • Die wenners van die onderskeie afdeling sal aangewys word uit die hoeveelheid stemme wat per kategorie ontvang word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die geskenkbewyse en pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Maroela Media hou die reg voor om enige van die kategorieë te skrap indien daar nie genoeg inskrywings in ʼn spesifieke kategorie ontvang word nie.
  • Daar is uiteindelik vyf wenners: die algehele wenner in die honde-kategorie; die naaswenner in die honde-kategorie; die algehele wenner in die katte-kategorie; die naaswenner in die katte-kategorie en die algehele wenner in die kategorie vir enige diere wat nie honde of katte is nie.
  • Maroela Media kan nie aanspreeklik gehou word as jou inskrywing ons weens tegniese redes nie bereik nie.
  • Maroela Media sal die wenners telefonies en per e-pos kontak.
  • Die onderskeie ondernemings sal self die geskenkbewyse of pakkie aan die wenners versend.
  • Indien jy nie van ons hoor nie, kan jy aanvaar dat jy nie ʼn wenner was nie.
  • Die wenners se name en foto’s sal op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Jy kan vir meer as een kategorie inskryf, maar jy mag slegs een foto per kategorie inskryf.
  • Slegs lesers wat in Suid-Afrika woon kan in aanmerking kom vir die pryse.
  • Jy moet ouer wees as 18 om aan die kompetisie deel te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.