Jou Desember-tuin: Laat die feesvieringe begin

Desember is ‘n goeie tyd om wortels te plant. Foto: Life is a garden.

Ná ʼn jaar van harde werk, is daar niks beter as om saam met vriende en familie tydens die vakansie te ontspan nie. Laat jou gaste saam met jou jou tuin geniet terwyl julle braai of sommer net in die son baai.

Die sade wat jy nou in Augustus gesaai het, sal gereed wees om te oes, onder meer waatlemoen wat nog altyd ʼn wenner op ʼn somerspyskaart is.

Raak ook sommer kreatief met die blomme wat nou in jou tuin blom. Dit kan pragtige tafelversierings maak en maak dan sommer nog ʼn ekstra ruikertjie wat jy vir jou gaste as ʼn geskenkie kan gee.

Besoek jou plaaslike tuinsentrum, wat aan die Tuinsentrum Vereniging van Suid-Afrika (GCA) behoort, vir nog ʼn paar wonderlike idees of voorraad vir jou tuin.

Wat om hierdie maand te saai:

Jy kan wortels gedurende Desembermaand plant. Dit is redelik maklik om te kweek en vaar die beste in diep sanderige leem of leemagtige grond met ʼn los struktuur

  • Saai die wortelsade direk in die beddings.
  • Maak klein voortjies met jou vingernael (1 cm diep) en ongeveer twee of drie breedtes van jou hand (20 cm tot 30 cm) uitmekaar.
  • Saai die sade ongeveer 2 cm uitmekaar in die vore.
  • Maak die beddings goed nat.
  • Bedek die rye in warm, droë weer met ʼn dun laag grasknipsels totdat die sade ná sewe tot 14 dae verskyn.
  • Verwyder die gras en versprei dun tussen die rye wortels.

Barberton Daisies (Gerbera jamesonii) is afkomstig van Suid-Afrika en kom in verskillende helder kleure voor van warm pienk, oranje tot wit. Foto: Life is a garden.

Wat om te plant:

Barberton Daisies (Gerbera jamesonii) is afkomstig van Suid-Afrika en kom in verskillende helder kleure voor van warm pienk, oranje tot wit. Hulle word die beste buite gekweek en verkies direkte sonlig en sanderige grond. Hulle groei goed in potte en tuinbeddings. Onthou om hulle maandeliks van September tot Maart te bemes. Hulle maak uitstekende plante vir jou patio of stoep en werk ook goed as ʼn binnenshuise plant om jou leefruimtes op te vrolik.

Eiervrug (Solanum melongena), ook bekend as aubergine of brinjal, kom in verskillende groottes, vorms en kleure voor. Die algemeenste van hierdie eetbare vrugte wat in ons kombuise gebruik word, is die Black Beauty. Sommige ander variëteite is die White Star-eiervrug, wat blink, wit vrugte produseer. Dié soort eiervrug is ideaal vir Italiaanse disse.

Die Mini Thai Moon-eiervrug lewer vrugte wat soortgelyk aan ʼn tamaties is. Dit is wit van kleur met ʼn paar groen repies en is weer ideaal vir Thaise en Asiatiese resepte.

Eiervrug (Solanum melongena), ook bekend as aubergine of brinjal, kom in verskillende groottes, vorms en kleure voor. Die algemeenste van hierdie eetbare vrugte wat in ons kombuise gebruik word, is die Black Beauty. Foto: Life is a garden.

Eiervrugte word die beste gekweek in vol sonlig en in vrugbare grond wat goed gedreineer is.

Voeding:

Voed jou grasperk in Desember omdat dit gewoonlik ʼn warm maand is. Gebruik ʼn stikstofryke kunsmis wat blaarontwikkeling van die gras sal aanmoedig. Onthou om jou grasperk ná die bemesting deeglik nat te maak.

Wat om te spuit:

  • Beskerm aarbeie teen slakke. Oes die vrugte gereeld.
  • Spuit ʼn nieselektiewe onkruiddoder op alle onkruid in jou plaveisel. Dié soort onkruiddoders het geen residuele uitwerking op die grond nie en werk deur die chlorofil van die blare.

Jy kan nou die waatlemoene en spanspek geniet wat jy in Augustus geplant het. ʼn Groot waatlemoen is ryp as dit ʼn bietjie hobbelrig voel as jy dit streel. Foto: Life is a garden.

Wat om te oes:

Jy kan nou die waatlemoene en spanspek geniet wat jy in Augustus geplant het. ʼn Groot waatlemoen is ryp as dit ʼn bietjie hobbelrig voel as jy dit streel. As spanspek ryp is, verskyn ʼn klein kraak op die punt waar die vrugte aan die plant heg.

Versorg jou rose so:

Water: Hou aan om jou rose drie keer per week of meer nat te maak afhangende van die hoeveelheid reën wat in die streek ontvang word. Gedurende droë, warm tydperke kan die plante selfs daagliks water benodig.

Bemesting: As jy weggaan met vakansie, kan jy jou rose voed wanneer jy terugkom

Plaag- en siektebeheer: Gaan voort om jou rose elke tweede week te behandel vir swartvlek, skimmel, plantluise, kewers en bolwurm. Wees op die uitkyk vir bruin kewers wat in die nag aktief is en aan die rose se blare sal klou. Vra jou plaaslike tuinsentrum vir die korrekte insekdoder hiervoor.

Ander take: Verwyder blomme wat verlep het en verwyder syknoppies om te verseker dat die hoofblom tot die beste blom ontwikkel. As jy rose vir jou huis pluk, moet jy slegs 50% van die blomme verwyder; dit verseker ʼn goeie balans van die blare op bos en plaas nie te veel druk op jou rose se wortels nie.

Besoek Lifeisagarden.co.za vir meer wenke en inligting oor tuinmaak of neem deel aan die gesprek op by hulle Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.