Kies só die regte sonbril met BondiBlu

(Foto: Maroela Media)

BondiBlu is ʼn Trots Suid-Afrikaanse handelsmerk wat sedert 1992 deur BondiBlu Marketing in Suid Afrika versprei was. Die oorspronklike maatskappy is in 2020 deur BondiBlu Internasionaal oorgekoop en blaas sedertdien nuwe lewe in dié ikoniese handelsmerk.

BondiBlu Internasionaal verstaan hoe belangrik dit is om op hoogte van die jongste modeneigings te bly. Die uitgebreide versameling van sonbrille, leesbrille en bybehore weerspieël die onwrikbare toewyding om die jongste style aan kliënte te bied.

Die maatskappy se kantoor en pakhuis is in Pretoria-Oos geleë en dien as ʼn sentrale verspreidingpunt vir groothandelverspreiding na ʼn netwerk van kleinhandelaars regoor Suid-Afrika, Namibië en Botswana.

Met ʼn teenwoordigheid in meer as 800 winkels, insluitend apteke, oogkundige praktyke, vulstasies en sportwinkels maak BondiBlu Internasionaal seker sy produkte is toeganklik vir klante regoor die land.

Hier is ʼn paar van BondiBlu se wenke om jou keuse te vergemaklik:

Beskerming teen UV-strale: Een van die belangrikste faktore om te oorweeg wanneer jy ʼn sonbril kies, is die UV-beskerming. Kyk vir ʼn sonbril wat jou maksimum beskerming teen UVA- en UVB-strale bied.

Gepolariseer: Gepolariseerde sonbrille het ʼn spesiale laag wat horisontale skuinsligte blokkeer. Dit verminder die skittering van oppervlaktes soos water, paaie en sneeu, wat jou sig duideliker maak en jou oë minder vermoei. Dit is veral nuttig vir aktiwiteite soos bestuur, visvang en sekere buitelugaktiwiteite.

Vorm van raam is belangrik: Let op na die vorm van die brilraam. Dit behoort gemaklik op jou neus te rus sonder om af te gly. Die arms van die bril behoort reg op jou ore te pas sonder om druk daarop te plaas.

Kleur en materiaal: Kies ʼn kleur wat jou voorkoms en persoonlikheid aanvul.

Leef jou styl uit: Laastens, oorweeg jou persoonlike styl en voorkeur. BondiBlu Internasionaal se sonbrille is beskikbaar in ʼn verskeidenheid van style en ontwerpe, so kies een wat by jou smaak pas en jou persoonlikheid weerspieël.

Afslag

Maroela Media-lesers kan tot 30 September 25% afslag op alle BondiBlu-brille kry. Gebruik die afslagkode #MAROELABLU as jy aanlyn bestel. Bestel hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.