Kom sokkie by The Sox Factory

(Foto: The Sox Factory)

The Sox Factory is ‘n plaaslike sokkievervaardiger in Montana, Pretoria. Die fabriek het meer as 36 voltydse werknemers uit die gemeenskap in diens en is al sedert 2016 in besigheid. Die maatskappy vervaardig pasgemaakte sokkies vir handelsmerke, spanne en ondernemings reg oor die land en internasionaal.

Elke sokkie gaan deur ʼn individuele proses en word met die hand uitgesoek deur die personeel om vervolmaak te word in hierdie wonderlike produk wat jy vandag sien. Die kwaliteit en kouse is veelsydig en word gesien aan wêreldkampioene en lekker elke-dag-dra sokkies. Die kouse is so sag soos satyn en kan enige tuimeldroër se hitte hanteer langer as wat dit vat om beurtkrag uit te sorteer!

Besoek die webwerf https://thesoxfactory.com/ vir meer inligting.

Dit is so maklik soos 1,2,3…

  1. Stuur jou logo en ontwerp-idees en The Sox Factory sal ʼn proef-ontwerp skep.
  2. Sodra dit goedgekeur is, word ʼn voorbeeld van die ontwerp binne 24 uur gemaak.
  3. As jy gelukkig is, word jou sokkies vervaardig en aan jou gestuur.

Ek wil my eie ontwerp op ʼn kous hê, hoe werk dit?

(Foto: The Sox Factory)

Die minimum bestelhoeveelheid is 50 paar sokkies, met ʼn deurlooptyd van ongeveer een tot twee weke. The Sox Factory se missie is om vinnige en doeltreffende diens aan kliënte te verskaf met kort deurlooptye en goeie kwaliteit sokkies.

Stuur ʼn e-pos aan [email protected] om die bal aan die rol te kry.

Internasionale Kliënte

Die fabriek het al sokkies vir internasionale handelsmerke in België, Swede, Switserland, Namibië, Mauritius, Andorra, Amerika en die Verenigde Koninkryk vervaardig.

Gemeenskap

Sedert 2020 het The Sox Factory meer as 80 000 pare sokkies aan plaaslike gemeenskappe en liefdadigheidsorganisasies geskenk. Die maatskappy sal voortgaan om by te dra en ‘n verskil te maak.

Let’s Get Custom

(Foto: The Sox Factory)

Let’s Get Custom is ‘n produk van The Sox Factory wat in 2021 geskep is om sokkies aan die publiek te vervaardig wat hulle self kan ontwerp van een paar tot 50. Hier kan jy enige iets van jou skoonma se gesig tot jou brak op die sokkie sit en dit word binne twee tot sewe werksdae vervaardig en aan jou gestuur.

Besoek die webwerf https://letsgetcustom.co.za/ vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.