Was jou klere reg sodat dit langer hou

Foto ter illustrasie. (Foto: Stevepb/Pixabay)

Deur Lizel van der Westhuizen

Dit is belangrik om behoorlik na jou klere om te sien as jy graag wil hê dat dit moet hou. Ons praat natuurlik dikwels oor watter kledingstukke om vir jou klerekas te kies en hoe om dit te stileer, maar wat doen jy wanneer jy die klere het?

Hoe sorg jy vir jou kledingstukke?

Die versorging van kledingstukke word bepaal deur die spesifieke item. Dit beteken dat jy moet uitvind watter proses ʼn spesifieke kledingstuk vereis. Kledingstukversorging bepaal hoe jy iets was, bêre, dra en hanteer.

As jy jou klere behoorlik wil versorg, gaan jy eerstens moet uitvind van watter soort materiaal dit gemaak is.

Ons het die versoringsmetodes vir ʼn paar van die gewildste materiaalsoorte gelys:

1. Denim

(Foto: Mica Asato/Pexels)

Denim bestaan uit ʼn mengsel van katoen, elastaan ​​en ʼn ander sintetiese materiaal met ʼn keperweef. Was jou denims met kouewater, binne na buite, om te voorkom dat dit verbleik. Gebruik ʼn sagte skoonmaakmiddel en hang dit om droog te wor

2. Sy

(Foto verskaf)

Sy word gemaak van ʼn natuurlike vesel. Dit is natuurlik sterk, absorberend en buigsaam. Was koud en hang om droog te word, aangesien hierdie materiaal maklik krimp. Berg in ʼn koel, droë plek. Wees versigtig wanneer jy dit dra, hierdie materiaal is delikaat.

3. Katoen

Katoen is die maklikste materiaal om te versorg. Was dit in koue- of warmwater en hang dit op óf droog teen ʼn lae hitte. Stryk kan vermy word as jy kledingstukke hang om droog te word of dit dadelik uit die droër verwyder. Andersins, kan jy dit stryk terwyl die klere nog klam is. Dit kan op verskeie maniere gebêre word en jy hoef dit nie versigtig te hanteer nie.

4. Linne

(Foto verskaf)

Linne kan teen ʼn lae temperatuur, met ʼn sagte skoonmaakmiddel, gewas word. Dit word sagter met slytasie, maar absorbeer alles, so wees versigtig. Lees die klereversorgingsinstruksies vooraf, aangesien linne volgens handelsmerke verskil.

5. Polyster

(Foto verskaf)

Polyster is ʼn sintetiese materiaal wat maklik in warm- of kouewater gewas kan word. Jy kan dit laat uithang om droog te word of dit teen ʼn lae hitte in die droër gooi

6. Wol

(Foto verskaf)

Wol is ʼn antibakteriese materiaal, daarom hoef dit nie gereeld gewas te word nie. Wanneer dit nodig is, kan dit met kouewater gewas word op ʼn sagte siklus. Gebruik ʼn delikate skoonmaakmiddel en bêre gevou.

Hoe om items weg te pak:

  • Bêre jou breigoed gevou in jou kas om te verhoed dat dit rek.
  • Denims en broeke kan gehang of gevou word.
  • Was net wanneer dit nodig is. Jy hoef regtig nie jou klere te was na elke gebruik nie. Onderklere en gimnasiumklere, ja, maar dit is nie nodig vir jou alledaagse klere nie.

Hoekom is dit belangrik om jou klere te versorg?

Jy het waarskynlik duur betaal vir elke kledingstuk in jou kas, veral as dit van gehalte of ʼn duursame handelsmerk is, en jy wil hê dit moet so lank as moontlik hou. Jy wil ook hê elke kledingstuk moet vir solank as moontlik goed lyk wanneer jy dit dra. Klere wat lank hou, maak dat jy op die langtermyn minder geld spandeer, omdat jy nie so gereeld jou klerekas hoef aan te vul nie.

Wat is ʼn kledingstukversorgingsetiket?

ʼn Kledingstukversorgingsetiket kan aan die binnekant van die kledingstuk gevind word en verskaf belangrike inligting, soos die materiaal waarvan dit gemaak is, en versorgingsinstruksies daarvoor. Die etiket sal jou byvoorbeeld help om te bepaal watter skoonmaakmiddels jy kan gebruik en hoe dit gewas en gedroog moet word.

Hoekom moet ek my klere omdop as ek dit was?

Eenvoudig gestel, behou dit só die uiterlike voorkoms terwyl die materiaal, wat eintlik aan jou lyf raak, gewas word.

Onthou, duursame kledingstukke kan jare hou mits dit reg versorg word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.