3 boeties wat verbrand: Pa sterf ook

Die pa wat glo sy huis in Soweto Woensdagoggend aan die brand gesteek het, waartydens sy drie seuns verbrand het, het Woensdagaand in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Maroela Media het Woensdag berig die polisie vermoed die brand was geen ongeluk nie. Die drie boeties, Philane (10), Zanele (8) en Mpumi Radebe (3), het die oggend omstreeks 01:00 in hul huis in Zola verkool. Hul pa het glo petrol op die huis gegooi ná ‘n huishoudelike onderonsie met sy vriendin wat by hulle gebly het.

Die vriendin is steeds in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in ʼn kritieke toestand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.