6 200 myners afgedank

Stakende mynwerkers by Lonmin Foto: Taurai Maduna, EWN

Ten minste 6 200 myners het hul werk in die mynbedryf verloor weens die onlangse stakings, het die National Union of Mineworkers (NUM) Donderdag gesê.

“Lonmin is gedwing om ‘n skag, wat sowat 1 200 werknemers in diens gehad het, te sluit, het Frans Baleni, hoofsekretaris van NUM, by die vakbondfederasie, Cosatu, se kongres in Johannesburg gesê. Hy het bygevoeg dat die staking die bedryf sal verhoed om ‘n verdere 3 000 poste vir die land beskikbaar te stel, berig EWN.

Angloplats sal sowat 2 000 werknemers moet afdank, terwyl Impala sê sommige van sy skagte is nie meer winsgewend nie. Dit kan tot verdere afleggings lei.

Baleni het gewaarsku dat ander werknemers in die bedryf in die Marikana-werknemers se voetspore wil volg en NUM probeer om verdere afleggings te vermy.

NUM sal met die Kamer van Mynwese vergader om die saak te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.