96-jarige vrou en tuinier se moordenaars steeds soek

Die polisie was Maandag in Klerksdorp steeds op soek na Elizabeth Louw (96) en haar tuinier, Gert Marks (55) se moordenaars.

“Die ondersoek duur voort, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het kaptein Amanda Funani, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. “Ons sal alles in ons vermoë doen om hulle op te spoor en volg alle beskikbaar leidrade.”

Louw en Marks se liggame is Saterdagmiddag in haar huis in Wilkopies opgespoor. “Beide slagoffers is glo versmoor en verwurg. Die bejaarde vrou se voete en arms was met skoenveters vasgebind voordat hulle haar vermoor het,” het Funani bygevoeg. “Die moordenaars het haar juwele en ‘n onbekende bedrag geld gesteel.”

Funani sê Louw se suster het onraad vermoed toe sy nie haar telefoonoproepe beantwoord het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.