ʼn Groep mense, waaronder agt Suid-Afrikaners, is dood tydens ʼn selfmoordbomaanval Dinsdagoggend in Kaboel, Afghanistan.
Die aanval was glo uit weerwraak oor ‘n rolprent wat die spot dryf met die profeet Mohammed.
Volgens The Jerusalem Post het die Afghaanse ekstremistegroep, Hezb-e-Islami, verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar. Die aanval is op ʼn minibus uitgevoer naby die stad se lughawe. Na wat verneem word, is twaalf mense dood. Die departement van internasionale betrekkinge het bevestig dat agt van die slagoffers Suid-Afrikaners was, wat vir ʼn internasionale koeriermaatskappy gewerk het.