Die departement van gemeenskapsveiligheid het Maandag gesê voetgangerongelukke neem toe in Gauteng.
“Huidige statistiek dui aan dat daar ʼn toename in noodlottige voetgangerongelukke is naby informele nedersettings,” het Obed Sibasa, woordvoerder vir die departement, gesê. “Dit sluit paaie soos die R59, Golden-snelweg, N14, N12, N3, N1-suid en talle ander in.”
Die departement doen ʼn beroep op motoriste om op ʼn verantwoordelike manier op te tree, veral tydens die feesgety, en om nie roekeloos of nalatig te bestuur nie, nie te vinnig te ry nie, nie onder die invloed te bestuur nie, en om van sitplekgordels gebruik te maak.
LUR Faith Mazibuko wens alle motoriste en padgebruikers in Gauteng ʼn vreugdevolle en veilige feesgety toe.
Wens ek kan die mense laat weet dat dit nie altyd motoriste is wat die ongelukke veroorsaak nie. Hulle moet ook kyk na dronk en onverskillige voetgangers
Dis waar Niel. Dan kry jy ook die wat jou in die oe kyk terwyl hulle voor jou in loop, of by die parkeer areas loop hulle en stop net dood eenvoudig voor jou voertuig, asof jy nie bestaan nie. Dood eenvoudig net Arrogant!
Geld die wet vir geen voetgangers op snelweë dan nie meer nie?