Asblik-lyk: Man gevang

Argieffoto.

Die polisie het ʼn 23-jarige verdagte in hegtenis geneem vir die moord op ʼn 21-jarige vrou, wie se liggaam na haar moord in ʼn asblik geplaas is.

Maroela Media het Saterdag berig die liggaam van Elizabeth Phokompe is in ʼn asblik in ʼn buitekamer van haar huis in Jouberton, Noordwes, gekry. Haar ma en bure het bekommerd geraak nadat sy sedert Donderdag nie haar foon geantwoord het nie. Hulle het Vrydag gaan ondersoek instel en op haar liggaam afgekom nadat hulle ʼn vreemde reuk uit die asblik geruik het.

Amanda Funani, ʼn polisiewoordvoerder, sê die verdagte is Sondag omstreeks 10:00 in hegtenis geneem. Die verdagte is glo Phokompe se vriend.

“Daar word beweer dat die verdagte jaloers geword het nadat hy Phokompe saam met ʼn ander man gesien het. Die verdagte se oom het hom aan die polisie oorgegee,” het Funani gesê.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die verdagte moet Dinsdag in die Klerksdorp-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.