Baard-moord: Verdagte borg geweier

Zayne van Tonder (links) en Roedolf Viviers (regs). Photo: Sapa.

‘n Man wat daarvan verdink word dat hy ʼn Moslem-man doodgeslaan het, is Woensdag in die Krugersdorpse streekshof borgtog geweier.

Roedolf Viviers (28) en Zayne van Tonder (33) word daarvan beskuldig dat hulle op 6 Augustus Mohammed Fayaz Kazi (27) by ʼn kitskosrestaurant in Magaliesburg aangerand het. Kazi het later aan sy beserings beswyk. Viviers en Van Tonder het hom glo oor sy baard gespot en hom “Osama Bin Laden” genoem. Viviers word aangekla van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Van Tonder word van aanranding aangekla.

Landdros Reginald Dama het Viviers se borgtog geweier. Van Tonder is op borgtog van R2000 vrygelaat. Die saak is tot 29 November uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.