ʼn Negemaande oue baba het in ʼn swembad in Klerksdorp in Noordwes verdrink.
ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die baba het glo in die swembad geval en was glo vir ʼn geruime tyd onder die water voor sy deur gesinslede uit die water gepluk is. Hy sê paramedici het haar gevind waar sy langs die swembad lê en het onmiddellik mond-tot-mond-asemhaling begin toepas. Sy is kort voor haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.