Die ouers van die vermoorde babaseuntjie Wiehan Botes is weer swanger.
Beeld berig dat Rita Botes (30) ses weke swanger is met ʼn tweeling. Botes het aan Beeld gesê dat sy en haar man, Wiets (32), na die moord op die vyf maande oue Wiehan besluit het om weer kinders te kry. Botes het vir vrugbaarheidsbehandeling gegaan. Wiehan en sy dagmoeder, Magrietha de Goede (66), se liggame is op 23 Mei in De Goede se huis in Delmas gekry. Wiehan se lykie is onder ʼn bed in die slaapkamer gevind. De Goede se lyk is onder ʼn mat in ʼn buite-stoorkamer gekry.
Lees meer hier.
Baie geluk met julle swangerskap! Ons hoop alles sal goed gaan en dat julle twee gesondwe woelwaters in julle kring sal verwelkom!
Ek weet verseker dat Jesus hierdie hindertjies met al SY liefde aan julle toevertrou en dat SY genade julle sal dra! Baie baie geluk met so groot geskenk wat julle van Bo gaan ontvang! Wiehan gaan bly voortleef in elkeen in hierdie land se hart en so ook in julle as dierbare ouers! Sterkte!! !