Bejaarde egpaar op plaas aangeval

Owen Charles, ʼn bejaarde boer van die Oos-Kaap, is dood en sy vrou ernstig gewond ná ʼn aanval by hul plaas Sondagaand.

Adjudant-offisier Pierre Harmse, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die aanval het op die egpaar se plaas, Armadale, naby die Jansenville plaasgevind. “Vyf gewapende mans het die egpaar se huis tussen 19:00 en 22:00 betree. Owen (70) is op die toneel dood en sy vrou, Jenny, ernstig gewond. Hulle het die egpaar se vuurwapens gesteel en met Owen se bakkie van die toneel gevlug,” het Harmse gesê.

Jenny is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal met veelvoudige steekwonde.

Athol Trollip, DA-woordvoerder vir landelike ontwikkeling en grondhervorming, het in ʼn verklaring gesê Owen het die Jansenville-gemeenskap in verskeie maniere gedien en ondersteun. Trollip het dié aanval streng veroordeel. “Die moord is nie net sinneloos nie, maar het ook ʼn rimpeleffek op landbou en landelike gemeenskappe. Die regering faal daarin om sy inwoners te beskerm,” het hy gesê.

Dié nuus volg kort nadat Maroela Media verneem het dat ʼn vrou Maandagoggend by haar plaas in Noordwes doodgeskiet is. Lees meer hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Astrid ·

Mense gaan tekere oor die baardman moord, dis is ook erg. Maar wat van al die boere????

Paul ·

Daar word tog “te kere gegaan” oor moorde op boere ook, dan nie? Die Solidariteit Beweging is een van die entiteite wat daaroor “te kere gaan” (in ‘n goeie sin). Daar is dikwels ook persone wat betoog by hofsake waar vermeende plaasmoordenaars verhoor word.

Dit is dalk so dat diegene in die regering nie altyd soveel aandag skenk aan ‘n plaasmoord as aan ‘n voorval soos hierdie nie. Dis te verwagte, want hulle is politici.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.