ʼn 70-jarige vrou is Dinsdag helder oordag by haar huis in Grahamstad in die Oos-Kaap aangeval en beroof.
Kapt. Mali Govender, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê twee mans in groen oorpakke het in die middag haar huis betree en haar oorval. Hulle het haar hande vasgebind en haar in die badkamer toegemaak terwyl hulle die huis geplunder het.
“Hulle het in die slagoffer se geel VW Jetta, ʼn laat 80s model met die registrasienommer CCY 575 EC, gevlug. Hulle het ook met ʼn paar huishoudelike items, haar televisie, ʼn DVD-speler, linne en haar handsak gevlug,” het Mali gesê.
Die vrou kon daarna daarin slaag om haarself los te wikkel, waarna sy die paniekknoppie van haar huis gaan druk het. “Die vrou was verskriklik getraumatiseerd. Sy is deur paramedici op die toneel gestabiliseer en na die hospitaal geneem vir behandeling.”
Die polisie ondersoek die voorval.
Vuil gemors,teiken altyd sagte teikens.
Die vuilgoed loop altyd in troppe. Wildehonde doen dit ook