Die polisie in die Vrystaat ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn 76-jarige vrou dood aangetref is by haar huis in Parys.
OFM berig dat Hilary Milford se liggaam Woensdag gevind is. Konst. Maselela Langa, woordvoerder van die polisie, het aan OFM gesê dat Hilary Milford se dogter, Tracy McDonald, die polisie gekontak het nadat sy nie haar ma in die hande kon kry nie. Milford se liggaam is later buite haar huis gevind waar dit onder swartsakke weggesteek was. Enigiemand met inligting oor die voorval kan die ondersoekbeampte, ao. Jaco Venter, kontak by 082 554 3041.
Ai! Dis regtig kommerwekkend hoe mense vermoor word. Vrae soos, kon dit dalk die tuinier wees?………..die huishulp dalk?……….iemand wat iets by die oorledene se dood kon baat?
Sterkte aan die familie.
En Parys was altyd die rustige dorpie waar mense kon gaan ‘laaglê’. Nou word daar kort-kort iemand daar aangeval of vermoor. Kan ons dan nêrens hee gaan nie?