Belangrike aankondiging rakende Malema-haatspraaksaak verwag

Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC, AfriForum en TLU SA gaan Woensdag om 12:00 in Pretoria ʼn gesamentlike mediakonferensie hou om ʼn belangrike aankondiging te maak rakende die Malema-haatspraakhofsaak.  Die ANC en Julius Malema se aansoek om appèl teen die gelykheidshof se beslissing dat die “skiet die boer”-slagspreuk haatspraak is, is geskeduleer om Donderdag in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor te word.  Die saak teen Malema is deur AfriForum en TLU SA aanhangig gemaak.

Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, sal die party by die aankondiging verteenwoordig.

Klik hier vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.