‘n Brand het vanoggend by die Riverwalk-winkelsentrum in Potchefstroom uitgebreek.
Attie Booysen, ‘n brandbestryder van die Tlokwe-stadsraad, het gesê die brand het Donderdag omstreeks 03:30 in die Shoprite/Checkers ontstaan, berig OFM. Brandbestryders is steeds op die toneel om te verseker dat die brand nie weer opvlam nie, maar die brand is grootliks geblus. Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.