Die kitskosrestaurant, Burger King, sal die deure na sy eerste restaurant in Suid-Afrika in 2013 in Kaapstad oopmaak.
Burger King is die tweede grootste hamburger-kitskoskettinggroep in die wêreld en bedien tans sowat 11 miljoen mense daagliks uit sowat 12 500 restaurante in 82 lande.
Grand Parade Investments, die speletjies- en ontspanningsgroep, het ‘n kontrak met Burger King gesluit om ‘n hele paar takke in Suid-Afrika oop te maak. Die eerste een sal in Kaapstad gevestig wees. “Die aggressiewe groeiplanne sal na verwagting ‘n noemenswaardige bydrae lewer tot die Suid-Afrikaanse ekonomie en ‘n verskeidenheid poste beskikbaar stel,” het Hassen Adams, uitvoerende voorsitter van Grand Parade, gesê.