Butch James tree uit

Butch James. Foto: Facebook

Die Springbokke se veteraan-losskakel, Butch James, het sy onmiddellike uittrede uit internasionale rugby aangekondig.

Die Suid-Afrikaanse rugbyunie (Saru) sê in ʼn verklaring James is die Springbok losskakel met die meeste toetse op sy kerfstok. Hy het in 37 van 42 wedstryde in die nr. 10-trui vir Suid-Afrika uitgedraf sedert hy in 2001 sy debuut teen Frankryk gemaak het. Sy laaste toets vir die Springbokke was tydens die 2011 Rugbywêreldbeker as ʼn plaasvervanger tydens die span se wedstryd teen Wallis. James was ook deel van verlede jaar se Lions-span wat verlede jaar die Curriebeker gewen het. Die 33-jarige sê die besluit om uit te tree was nie maklik nie.”Ek het ‘n ongelooflike loopbaan gehad by die Springbokke, die Sharks, Bath en nou die Lions, maar ek word nie jonger nie en weet hierdie is die regte besluit, al was dit baie moeilik. Ek het dalk nog een of twee jaar van rugby oor en al waarop ek nou wil konsentreer op hierdie stadium is om 100% op die veld te gee,” het James gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.