Christia Visser spog met haar pienkvoet

Christia Visser en haar babadogtertjie. (Foto: verskaf)

Die borrelende sangeres en aktrise, Christia Visser, speel nou die belangrikste rol nóg: die een van ma.

Op Sondag 29 Mei het Visser en haar man, Thomas Webb, hul skattige babadogtertjie, Kida, verwelkom. Dié nuwe familielid het 2,9 kg met geboorte geweeg en was 47 cm lank.

Kida se bos swart hare het Visser heerlik verras.

“Dis onwerklik. Ek dink nie mens is ooit 100% gereed vir die groot verantwoordelikheid van ma-wees nie, maar wat ’n voorreg,” het die 30-jarige Visser aan Maroela Media vertel.

Sy geniet die fyn geluide wat Kida maak terwyl sy slaap sover die heel meeste.

“En al die cuddles!

Die unieke naam het Visser van kleins af bekoor.

“Ek het jare gelede die animasie-rolprent, Atlantis, gekyk. Die krygerprinses van Atlantis se naam was Kida, ’n naam waarmee ek al van kleins af ’n hegte band het. Gelukkig was Thomas ook mal daaroor!”

Die “17 Shots”-sangeres vertel dat haar moedersinstinkte al tydens die swangerskap ingeskop het.

“My man pak die rol van pa en lewensmaat met soveel gemak aan,” vertel sy verder oor dít wat haar tot dusver verras het.

In ’n onlangse Instagram-plasing het Visser met hul dogtertjie gespog.

“Twee weke van slapelose nagte en die wonderlikste cuddles. Ons het nog ’n leeftyd om na uit te sien. Dankie dat jy ons gekies het, babadogtertjie,” het die inskrywing gelui.

Bekendes soos Rolanda Marais, Trix Vivier en Amalia Uys het dié egpaar gelukgewens met die nuwe toevoeging tot die gesin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

M.P. ·

Baie baie geluk julle… Geniet haar… Koester daai cuddle moments dit is so spesiaal..

Minion ·

Baie geluk.. Saam met my dogter.. Sy het nou 21 geword die 29ste Mei.. Dit gaan so gou xx

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.