Clifton-vistreiler: Reddingspoging weer uitgestel, gaan Woensdag voort

Pogings om ‘n gestrande Japannese vistreiler by Clifton aan die Kaapse kus weer vlot te kry, is weer gestaak nadat die tou wat deur die sleepboot gebruik is, wéér gebreek het. Pogings gaan more voortgesit word om dié 50-meter vistreiler terug in die see in te kry. Die sleepboot het gebruik gemaak van gespesialiseerde tenk-toue om die skip die see in te trek. Dave Colly, ‘n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Maritieme Owerheid, het gesê die toue wat op die water dryf, is so sterk soos staal.

Die vistreiler het vroeg Saterdagoggend sowat 20 meter van die kuslyn vermoedelik weens digte mis gestrand. Wilfred Solomon-Johannes, woordvoerder van die Kaapstadse rampbestuursentrum, het in ʼn verklaring gesê die ligging van die vaartuig het die potensiaal om die omgewing en die ekonomie van ʼn belangrike deel van die kuslyn te skaad. Na wat verneem word het die vaartuig 90 ton brandstof, 50 ton vis én ammoniak aan boord. Van die brandstof gaan uitgetap word om die vaartuig ligter te kry sodat dit weer kan dryf.

Sien meer foto’s hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.