DA-LP glo toegang tot hospitaal belet

Die foto is by die Chris Hani-Baragwanath hospitaal geneem. DA-LP Jack Bloom (wie op die foto verskyn) beweer hy is toegang tot die hospitaal belet.

Die DA-LP Jack Bloom het Dinsdag die Chris Hani-Baragwanath hospitaal daarvan beskuldig dat hulle hom toegang tot die hospitaal weier.

Bloom sê veiligheidswagte het Dinsdagoggend geweier dat hy die hospitaal binnegaan. Hy sê daar is kennisgewing met ʼn foto van hom teen die veiligheidswagte se kantoormuur aangebring. Bloom sê die veiligheidswagte het aan hom gesê dat hulle opdrag ontvang het om hom die perseel te belet. Bloom sê dit is sy reg en plig om as lid van die Gauteng-wetgewer toesighoudende besoeke af te lê wat in openbare belang is. Hy sê die hospitaal het hom die perseel belet aangesien hy reeds talle ongerymdhede by die hospitaal ontbloot het. Die hospitaal se woordvoerder, Nkosiyethu Mazibuko, het ontken dat hy die perseel belet is. Hy sê Bloom moet egter behoorlike prosedure volg aangesien mens nie net na ʼn hospitaal gaan en daar rondkrap en dan weer weggaan nie. Mazibuko sê indien Bloom die hospitaal wil besoek moet hy ʼn formele versoek indien. Bloom meen egter hy het nie toestemming nodig om ʼn hospitaal te besoek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.