
Ondersteuners van die Dalai Lama hou 'n nagwaak voor die parlement om druk op die regering te plaas om die Dalai Lama se visum goed te keur. Foto: Nardus Engelbrecht/SAPA
Emeritus aartsbiskop Desmond Tutu het die 76-jarige geestelike leier na sy 80ste verjaarsdag genooi wat Vrydag gehou word. Die Dalai Lama se kantoor in Indië sê hy sou op 6 Oktober na Suid-Afrika vertrek maar die besoek is afgestel. Daar is vroeër ʼn nagwaak voor die parlement gehou om druk op die regering te plaas om die Dalai Lama se visum goed te keur. Die Dalai Lama het twee jaar gelede om ‘n visum aansoek gedoen, maar dié aansoek was onsuksesvol. Hy het Suid-Afrika op drie geleenthede tussen 1996 en 2004 besoek, en oudpress. Nelson Mandela en Thabo Mbeki ontmoet.