De Doorns-boere vlug van plase

Talle boere en hul gesinne het Saterdag hul plase in De Doorns in die Hexriviervallei ontruim weens gewelddadige stakings in die gebied.

Plaasarbeiders het vroeër die week met ‘n staking begin en dring aan op hoër daglone, berig EWN. Van die betogers het die N1-snelweg blokkeer en sowat 30 hektaar wingerde afgebrand. Beamptes van die Kommissie vir Versoening, Bemiddelling en Arbitrasie (KVBA) het onlangs gepoog om die geskil tussen boere en plaasarbeiders op te los.

“Boere en hul gesinne het die gebied verlaat, want jy kan jou die vlak van dreigemente indink,” het Portia Adams, woordvoerder van Agri Wes-Kaap, gesê. Sy sê beamptes probeer steeds om die saak op te los. “Dit is baie onnodig. Ons het van die begin af aangedui dat ons bereid is om gesprekke aan te knoop en om ‘n oplossing te bereik indien daar enige probleme met arbeid ondervind word.”

Plaasarbeiders, wat tans tussen R69 en R75 per dag ontvang, dring aan op ‘n dagloon van R150.

Senior regeringsbeamptes sal Saterdag vergader in ‘n poging om die geskil op te klaar. Tina Joemat-Petterson, minister van landbou, doen ‘n beroep op verskeie rolspelers om tot die gesprek toe te tree. Haar woordvoerder, Palesa Mokomele, het gesê die ministers van arbeid, polisie, en provinsiale regeringsbeamptes is versoek om die vergadering by te woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mark

Die waarheid is dat R75 per dag ‘n hongerloon is en die arbeiders reg het om te staak. Geweldadig ? Nee, sekerlik nie – maar as mens hulle veroordeel dan ook die boere wat reeds jare lank hierdie onreg pleeg !

anita

Ek vind die situasie in De Doorns erg. Nogtans is die vraag ? hoeveel kos kan gekoop word vir ‘n gesin per dag met R75. ? Kinders gaan na skool hulle benodig klere en skoene, wat is die prys van klere en skoene bv. by PEP? Het die boere(Nie almal nie) sportvelde of opleidingsprogramme vir die mense op die plase tot verbetering in menswaardigheid? Vergeet van verblyf, sommige Hop huise is so klein dat geen privaatheid daar geld nie. Hoeveel boere het Vakansiehuise aan Strand? of gaan gereeld oorsee? Is daar tussen boer en werker ‘n kommunikasie op menslike vlak… Lees meer »

H J Bester

Anita & Mark – julle betoë het wel meriete, maar is ongelukkig het die een kant van die munt. Daar moet onthou word dat die ondernemer, dit is die wingerdboer, baie belê het in sy plaas en dus die risiko van ‘n groot belegging aanvaar het. Meeste boere wat grondbesitters is het ook nie noodwendig die kapitaal beskikbaar gehad vir hul belegging nie maar moes dit gaan leen by ‘n bank. Daarenteen het die werker, was prakties mos dieselfde geleentheid het om te boer, niks belê nie maar slegs kans gesien het om sy arbeid aan die boer te verkoop.… Lees meer »

patrys

Ek dink indien boere gehoor gee aan die eise, moet hulmaar net in die toekom hul hande toe hou, laat die werkers self sien en kom klaar hoe hul op maand eindes in die dorp kom, geen gratis, melk, groente, vleis niks, niks behalwe hul selaris nie, Wees ook hard soos hulle. Jannie jammergat se gat nou,laat hul aan sukkel.

Clifford

HJ Bester het gelyk. Daar moet onthou word dat die ongeveer R75 per dag loon nie al is wat die werkers/arbeiders ontvang nie. Hulle kry gratis voedsel, gratis water en ligte, gratis verblyf en vervoer vir hul en hul kinders na die dorpe en skole. Die waardes van die “gratis dienste” moet tog ook per slot van sake bygereken word. Dit kan maklik tot R300 per dag beloop. Dus ontvang hulle ongeveer R375 in waarde daagliks. ‘n Baie goeie pakket na my beskeie mening. Maar kom ons gestel dat die boere hul werkers R150 per dag sal betaal met nog… Lees meer »