Dogter en tiener word ter see vermis

‘n 8-jarige dogter en ‘n tiener word op verskillende dele van die land ter see vermis.

Die dogter word naby Mouille Point in Kaapstad vermis en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het Dinsdag met twee bote en ‘n helikopter na haar gesoek. Die NSRI het intussen die soektog aan die polisie oorhandig, berig SABC News.

‘n 15-jarige seun word naby Port St John’s in die Oos-Kaap vermis nadat hy moontlik deur ‘n haai aangeval is. Hy het saam met ‘n paar mense by Second Beach geswem, waar ‘n paar noodlottige haai-aanvalle reeds die afgelope paar jaar plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.