Drie vermeende polisiemoordenaars in JHB vas

Drie mans wat daarvan verdink word dat hulle twee polisiebeamptes doodgemaak en ʼn ander beseer het, is Dinsdag in Johannesburg in hegtenis geneem.

Hoofsuperintendent Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, sê twee verdagtes is in ʼn huis in Protea Glen, Soweto, aangekeer. Die derde persoon is in ʼn minibustaxi in die middestad in hegtenis geneem.

Die polisie het op drie ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê. Die mans word daarvan verdink dat hulle in 2011 ʼn polisiebeampte vermoor en ʼn ander beseer het. Hulle het ook moontlik in 2012 ʼn metropolisiebeampte doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.