E-tol: Uitspraak voorbehou

Motoriste in Gauteng sal eers later hoor wat die uitslag oor die e-tolstelsel in Gauteng gaan wees, nadat die Pretoriase hooggeregshof Woensdag uitspraak voorbehou het.

“Ek hoef dit nie te sê nie, maar uitspraak is voorbehou,” het regter Louis Vorster gesê. “Ek wil nie die publiek laat wag nie en sal so gou as moontlik maak, maar ek wil nie myself aan ‘n spesifieke datum verbind nie,” het Vorster gesê.

Outa het die hof versoek om die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se besluit om sekere gedeeltes van Gauteng se snelweë as tolpaaie te verklaar, te hersien en ter syde te stel. Outa het Sanral beskuldig dat hulle die publiek opsetlik in die duister gehou het en dat hulle oneerlik was oor die implementering van tol in Gauteng.
Sanral se advokaat David Unterhalter (SC) het die bewering as roekeloos afgemaak. “Outa moet die feite van die saak oorweeg asook die verklarings wat deur Sanral, die departement van vervoer en die tesourie ingedien is,” het Unterhalter gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.