Een man is dood en twee ander het erge brandwonde opgedoen nadat die inwoners van Kya Sands in Johannesburg die reg in eie hande geneem het.
Nooddienste het Saterdag berig dat ʼn bende die gereg in hul eie hande geneem het. Robert Mulaudzi, woordvoerder, het gesê dit is nie bekend wat tot die voorval gelei het nie. Die polisie is nie bewus van dit wat gebeur het nie. -SAPA